US Woordfees 2018: Liewe Heksie en die sirkus, ’n twietindruk

  • 0

Sedert die vorige US Woordfees het die sosiale mediaplatform Twitter sy karakterbeperkings verslap en kan gebruikers nou 280 karakters twiet in plaas van 140. LitNet hou met belangstelling enige aanlynontwikkelings en -woelinge dop — en LitNet probeer ook soveel moontlik US Woordfeesproduksies bywoon, absorbeer en erkenning gee aan die kunstenaars betrokke.

US Woordfees 2018 het pas ten einde geloop. Mens wil nog onthou, al het 'n nuwe week afgeskop. Hiermee Naomi Meyer se oor-die-skouer-indruk, kort genoeg om te twiet, van een van die laaste produksies op vanjaar se program. 

Liewe Heksie en die sirkus

Intrapslaggedagtes: Liewe Heksie vandag nog geliefd; stampvol saal. Gordyn lig. Heksie verdwaal. Dosyne Blommelandvriende klim uit één tas! Gifappels bewerkstellig gehoordeelname: "Oppas, Heksie, kyk daar!" Silwer Roos skoonveld. Sirkuskapperjolle. Heksie is heldin, skare jubel!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top