US Woordfees 2018: Inxeba, ’n twietindruk

  • 0

Sedert die vorige US Woordfees het die sosiale mediaplatform Twitter sy karakterbeperkings verslap en kan gebruikers nou 280 karakters twiet in plaas van 140. LitNet hou met belangstelling enige aanlynontwikkelings en -woelinge dop — en LitNet probeer ook soveel moontlik US Woordfeesproduksies bywoon, absorbeer en erkenning gee aan die kunstenaars betrokke.

US Woordfees 2018 het pas ten einde geloop. Mens wil nog onthou, al het 'n nuwe week afgeskop. Hiermee Naomi Meyer se oor-die-skouer-indruk, kort genoeg om te twiet, van een van die laaste produksies op vanjaar se program.

 

Inxeba

Treffertitel: Wonde. Agentskap, dit wat die film omring. Pynlik. Ook: Inisiasie- & besnydeniswonde. Wonde tov liefde wat nie mag wees nie, liefde in geheimhouding, sigbaar aan net 3 mense, is dit ’n liefdesdriehoek? Onsegbaarhede, onsigbare wonde. En wonde wat nooit genees nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top