Uitnodiging: Gratis koor- en orkeskonsert op 21 Oktober in Somerset-Wes

  • 0

"There can be miracles when you believe."

Hierdie aanhaling is so waar van ons Klassieke Klanke-projek. Die Here seën ons elke jaar met nog meer spelers en sangers wat gratis hulle musiektalent aanbied om ingespan te word vir ons konserte. En soos die Here werk, beloof hierdie jaar se Klassieke Klanke koor- en orkesprogram om werklik iets merkwaardig te wees.

Die orkes het gegroei na 30 orkeslede, wat koper- en houtblasers insluit en Helderberg NG se hele liturgiese ruimte volsit! Helderberg se Kantory span ook saam met die Helderberg Cantare ekumeniese koor en Stellenbosch Moedergemeente se studentekoor, Canticum Novum, om ’n koor van meer as 70 sterk te vorm.

Werke soos "Let the river run", "The prayer", "Time to say goodbye", werke uit The prince of Egypt, asook klassieke werke van Faure, Dvorak en Jenkins, maak deel uit van die konsertprogram.

Kom ondersteun asseblief hierdie inisiatief en nooi al die vriende, bure, familie en kennisse wat van musiek hou – daar is iets in almal se smaak en dis boonop gratis! Alle donasies wat ingesamel word, gaan vir die verdere bevordering van klassieke musiek in die Helderberg-area en Helderberg NG Kerk se musiekbedeining. Heerlike verversings word ook voor en na afloop van die konsert verkoop, so kom geniet ’n stuk koek met ’n heerlike koppie koffie in die tent as deel van hierdie Sondagmiddag-uitstappie.

Volg Klassieke Klanke op Facebook: https://www.facebook.com/classicalsounds/

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top