
Saartjie Bota (foto: Johan Kotzé)
Saartjie Botha praat met Naomi Meyer oor Woordfees 2022.
Saartjie, dit was ’n ander era toe ek laas ’n Woordfeesonderhoud met jou kon voer! Hoe voel jy op die vooraand van ’n fees in die vlees, vanjaar in Oktober? Die kunste het gely en swaargekry. Hoekom, na tye van oorleef en bestekopname, is daar nog ’n Woordfees?
...........
Die grendeltyd het ’n enorme impak op die uitvoerende kunste en op kunstefeeste gehad. Nie net in ons land nie, maar ook wêreldwyd. Ons is van die laaste bedrywe waar die inperkings en regulasies opgehef is, so ons is baie nuuskierig om te sien wat gebeur. Tot watter mate het die grendeltyd ons feesgangers se gedrag verander?
............
Die grendeltyd het ’n enorme impak op die uitvoerende kunste en op kunstefeeste gehad. Nie net in ons land nie, maar ook wêreldwyd. Ons is van die laaste bedrywe waar die inperkings en regulasies opgehef is, so ons is baie nuuskierig om te sien wat gebeur. Tot watter mate het die grendeltyd ons feesgangers se gedrag verander? Is mense huiwerig om in ’n vertrek te wees waar daar nie noodwendig uitstekende ventilasie is nie, of is hulle so uitgehonger om weer hul siele te laat voed dat hulle deur enigiets sal sit? Uiteraard sal ons elke moontlike protokol volg, in ag neem en toepas om dit so aangenaam en veilig as moontlik vir die feesgangers te maak. Ons glo ’n fees is net die regte medisyne na twee en ’n halfjaar se uithongering!

Prent: https://woordfees.co.za/
Wat is die Woordfees se tema vanjaar?
Die tema vanjaar is “Wild”. Dis ’n bonus dat die woord so lekker in Engels én in Afrikaans werk. Die gedagte is gebore uit die inperkings. Dis tyd om nou weer litte los te maak, bollas los te skud, en agter te kom dat mense vryer is. ’n Sin van vryheid en ongebondenheid kan beleef. ’n Bietjie minder konvensioneel en minder konserwatief as wat hul normaalweg sou wees.
..........
Dis tyd om nou weer litte los te maak, bollas los te skud, en agter te kom dat mense vryer is. ’n Sin van vryheid en ongebondenheid kan beleef. ’n Bietjie minder konvensioneel en minder konserwatief as wat hul normaalweg sou wees.
............

Prent: https://woordfees.co.za/
Dit lyk vir my of een ding dieselfde gebly het: Die Woordfees begin by die geskrewe woord. Die boekeprogram lyk stampvol. Is daar iets waarop jy feesgangers se aandag nou al wil vestig?
Ons het ’n baie sterk boekeprogram. Veral die niefiksieprogram is baie sterk vanjaar. Daar is ook baie wonderlike digkuns. Antjie Krog se nuwe digbundel; Johan Myburg kom praat oor Narreskip. Die ander uitstaande kenmerk van vanjaar se program is die groot aantal biografieë. Van Koos Bekker regdeur tot by Taliep Petersen, Franz Marx en Whitey Basson tussenin ook.

Prent: https://woordfees.co.za/
Hoe lyk die Woordfeesterrein vanjaar? Buiten die bekende ruimtes, is daar enigiets wat verander het? ’n Lokaal waarvan feesgangers kennis moet neem?
Ons is baie opgewonde om vanjaar vir die eerste keer die pragtige ruimte by die Oude Leeskamer op die hoek van Drostdy- en Dorpstraat vir ons meer intieme boekgesprekke te gebruik.
Klik hier om vanjaar se feesprogram af te laai.
Klik hier om vanjaar se volledige boekeprogram af te laai.
Lees ook: