STRAB 2015: Foto's en video's

  • 0

Strab 2015 het 27-31 Mei in Ponta Malongane, Mosambiek plaasgevind. Louise Pieterse deel haar foto's en video's.

strab-2015-6260

strab-2015-6262

strab-2015-6264

Niks skree “Mosambiek” soos topklas plaaslike seekos nie. 

strab-2015-6300

STRAB is slegs met ’n 4x4-voertuig bereikbaar. Die meeste mense maak wel gebruik van betroubare plaaslike vervoer vanaf die grens en pak maar die sandpaadjies dorp toe te voet aan.

strab-2015-6341

Tipo Tinto Rum is die nie-amptelike nasionale drankie van Mosambiek. Die vuishou-in-’n-bottel word vermom met raspberry-koeldrank en etlike honderde liter hiervan word tydens die fees verbruik.

strab-2015-6362

Geen prawndis is volledig sonder ’n vuurwarm plaaslike chillisous nie.

strab-2015-6365

Die fees vind in Ponta Malongane plaas, maar slegs 7 km daarvandaan is die gewilde Ponta du Ouro. Hier geniet feesgangers drankies op die strand by plaaslike restaurante en koop graag klere en snuisterye. 

strab-2015-6390

As die wiele draai, maak mens vinnig nuwe vriende om die lang sandstap te vermy.

strab-2015-6426

Kobus van Rooyen (regs) het STRAB toe gestap vanaf Pretoria om geld in te samel vir die Mamoli Mission-weeshuis naby Malongane.

strab-2015-6446

strab-2015-6510

"Clocktower" Stelth Ulvang Live

strab-2015-6558

STRAB skop jaarliks af met ’n konsert op die strand op die Woensdagaand. Vanjaar was die Amerikaner Stelth Ulvang van Lumineers-faam die verrassingsoptrede. 

strab-2015-6597

Die dekkroeg en verhoog verskaf ure se vermaak bedags met ’n skouspelagtige uitsig en topklas musiek. Hier is Gerald Clark en Guy Collins besig om die fees te open.

strab-2015-6640

STRAB-bywoners is in ’n klas van hulle eie. Kleurvol, energiek en vol passie vir musiek en kuns.

strab-2015-6650

Piet Botha verwesenlik als waarvoor STRAB staan. Hy speel sedert die fees se bestaansjaar op hierdie legendariese dek.

strab-2015-6688

Piet Botha en Akkedis het saamgesmelt om die Lyzyrd Kyngs te vorm wat nou sinoniem is met die fees.

strab-2015-6734

Klopjag het vanjaar ’n triomfantelike terugkeer na die verhoog gemaak.

strab-2015-6752

By STRAB dans mens in die sand van sonop tot sonop.

"Parchman Farm": Albert Frost, Rob Nagel, Jaco Mans, Arthur Dennis en Guy Collins

strab-2015-6781

Akkedis ís rock ’n roll en hulle bewys dit keer op keer. 

strab-2015-6831

STRAB bied ’n platform vir verskeie onverwagse samewerkings tussen kunstenaars. Hier het Kobus de Kock jnr die Akkedis-verhoog betree.

strab-2015-6872

Bark is ’n nuwe groep bestaande uit lede van Die Tuindwergies en ISO. Hulle was die mees opspraakwekkende groep dié naweek met hulle unieke rock ’n roll-klank.

strab-2015-6885

Greg Georgiades is ’n meester van snare en speel jaarliks in minstens vyf vertonings. 

strab-2015-6920

Kobus de Kock jnr (The Black Cat Bones) en Dawie de Jager (Klopjag)

strab-2015-6955

Crimson House het al die pad van die Kaap af gery en het seker gemaak daar is nie een paar voete wat stilstaan toe hulle die banjo en saksofoon uitpluk nie.

strab-2015-7001

Albert Frost is ook ’n gereelde naam by STRAB en het vanjaar saam met Die Blues Broers die verhoog aangepak.

strab-2015-7006

Piet Botha se kitaar het al baie myle deur die sand gemaak in Mosambiek.

strab-2015-7013

Wanneer al die gepeupel huiswaarts keer, bly ’n handjievol mense oor. Jy word dan bederf met saamsingsessies deur oorblywende kunstenaars.

strab-2015-7026

Rudi Dennis het self hierdie kitaar gebou en hom behoorlik ingelyf by die fees.

strab-2015-7027

Daar word boonop piekniek gehou met ’n privaat vertoning en ’n see-uitsig.

strab-2015-7038

Guy Collins het ook ’n rekord-aantal vertonings gedoen die naweek.

"Harvest Moon" deur Rudolf en Arthur Dennis, Guy Collins en Jaco Mans

strab-2015-7074

Rob en Maggie Nagel om die kampvuur tydens die laatnag saamsingsessies. 

strab-2015-9695

Hierdie skouspelagtige toneel is waarmee mens soggens gegroet word. Dan gryp mens jou snorkel en vaar die see in voor die musiek jou weer strand toe roep.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top