Lees Koos Kombuis se Week 2-wenlimeriek. Hy is die tweede finalis wat aan die einde van die kompetisie dalk as algehele wenner aangewys kan word.

Koos A Kombuis (gedoop André le Roux du Toit) is op 5 November 1954 gebore. Hy het al verskeie digbundels, romans en ’n bundel korrespondensie gepubliseer. Sy outobiografie, Seks & drugs & boeremusiek het by Human & Rousseau verskyn. Hy is ook ’n bekende liriekskrywer en suksesvolle musikant.
Hoewel Koos Kombuis nie in die eerste plek as SF-skrywer bekend is nie, bestaan daar feitlik nie ’n enkele roman waarin daar nie SF-elemente voorkom nie! Benewens sy plaaslike publikasies het hy ook kortverhale gepubliseer in tydskrifte soos Planet Mag, Aphelion en FlagShip (Flying Island Press). In 2010 is sy ontstellende toekomsblik The Last of the Great Coffeeshop Philosophers ingesluit in die Amerikaanse bloemlesing The Last Man Anthology, saam met skrywers soos Ray Bradbury, HG Wells, Edgar Allan Poe, Jack London, CJ Cherryh and Barry N Malzberg (Sword and Saga Press).



Kommentaar
Koos, briljant, maar jy kon "daai ou" uitgelaat het sonder om jou limerick aan te tas
Ek stem saam Ton en dalk ook "daar" in die laaste lyn? Dis n baie oulike liriek. Nou wil ek darem ook net vra waarom skryf iemand soos Koos in? Ek sien hom as "professioneel"
n Paar honde baklei oor n been!
Waar gaan ons plaasgrond dan heen?
Maar wie voorsien die kos
Ook aan plakkers en hoeëres mos?!
Net die boere met die seën van reën!
Nee wat, dis nie net kras nie, dis swak geskryf ook, so reg uit 'n boks tassies geryg
Stem saam met Ton - "daai ou" verbreek die ritme van 'n uitstekende limeriek.