Skole-navrae

  • 43

  • 43

Kommentaar

  • Goeiemôre almal. Ek wil nie 'n bydrae lewer nie, ek het eerder 'n versoek. Kan iemand dalk hulp gee aan die onderwysers wat Afrikaans Eerste Addisionele Taal gee? Ek sukkel soms met die poësie en ek sal enige hulp waardeer. Ek het gekyk na Huistaalhulp oor hulle gedigte en is baie beïndruk daarmee. Hoop om gou iets van jul te hoor. Garett.

  • Ek het 'n seun tans in Matriek, hy MOET bo 50% behaal vir wiskunde en wetenskap om moontlik universiteit toe te kan gaan. Ek betaal al vir die afgelope twee jaar "Master Maths" vir ekstra klasse vir wiskunde en wetenskap. My seun se gemiddeld het so bietjie opgegaan, maar is nog onder die 50%. Wat kan ek doen?? Enige hulp of raad sal waardeer word. George

  • In verband met die wiskunde...
    Ekstra klasse is 'n goeie idee, maar Wiskunde hang van 'n paar faktore af.

    Die beste is gewoonlik om soveel as moontlik dit te oefen. Hoe meer 'n student wiskunde oefen en hoe meer hulle daarmee the doen kry, hoe makliker word dit.

    Verskillende studente dink ook verskillend, party verkies diagramme om te leer, ander verkies weer breinkaarte. Kies dus 'n leermetode wat die beste werk vir die individu.

    'n Positiewe houding gaan ook baie ver.

    Hoop dit help.

  • Hi Daar,

     

    Ek is op soek na enige Graad 4 vraestelle, wat my dogter kan op oefen.

    Is daar iemand wat my kan help.

     

    Groete

     

    • Samantha van Tonder

      Hi, help jy dalk met praatjies vir Graad 1 kinders? Indien wel wat sal kostes wees? Ek is op soek na hulp vir n mondelinge praatjie oor water verkwisting

      groete

      • Goeiedag, ons sal ongelukkig nie kan help met mondelinge praatjies vir kinders nie, maar daar is hope hersieningsmateriaal vir kinders in ons skole-afdeling. Voorspoed met die mondeling.

  • Hi daar

    Limpopo-provinsie 

    Ek is op soek na ou eksamenvraestelle vir graad 10 & 11 

    Afrikaans
    Engels
    Wiskunde Ge
    LO
    RTT
    Rekeningkunde 
    Voedseltegnologie 
  • Annelise Labuschagne

    ASB het dringend hulp nodig met wiskunde graad6. Seuntjie sukkel baie; sy mamma is blind en ek help hom in die aand maar hy sukkel. Enige hulp sal waardeer word. Hy is woonagtig in Burgersfort en skool bied geen ekstra klasse aan nie.

    groete
    Annelise

  • Goeie dag

    Ek is Gr11 by Weltevrede ini Wes-Kaap. Ek is op soek na borge vir ons skool. Die vensters is stukkend en ini winter is dit baie koud help ons ASAP dankie. kontak  0784492058
  • Goeiemiddag, ek wil ook nie kommentaar lewer oor nige iets nie, ek soek asb Gr 5 vraestelle vir my seuntjie om op te oefen ... groot asb

     

     

    Groete

  • In Adam Small se gedig 'Highlights of de year 1960' (Uit: Kitaar my kruis (1962)) word die titel opgevolg deur die subtitel "oftewel Mista K!"

    Hierdie subtitel het groot kopkrap besorg. Ek het geen idee of 'Mista K' in die Kaapse taalvariëteit 'n spesifieke betekenis het nie.Ek het 'n vermoede (en daarom wil ek net seker maak) 'Mista K' is 'n verwysing na die spreker self, Mista Kitaar (dalk Adam Small self?), as teken van selfironisering (want die destydse koerante/pers in die gedig sou, uit die spreker se oogpunt, hom immers nie as jaarhoogtepunt beskou nie).

    Ek haal aan uit Perspektief en Profiel 2 (1999), 568-569:

    "Die publikasie van die Boerneef-bundels en Peter Blum se "Kaapse sonnette" het waarskynlik in 'n mate bygedra tot Small se oorgaan in die skryf van die taal van die bruin Afrikaners. Oorwegend egter was die uitgangspunt dat hierdie poësie strydpoësie wil wees. Daarom wil dit praat met en deur die stem van die onderdrukte Suid-Afrikaner wat in hierdie bundel op soek is na 'n leier om hulle uit die "wildernis" te lei.Die gedig "Kô lat ons sing" verwoord hierdie sentrale gegewe en lig terselfdertyd die titel ook toe. Die prediker, die profetefiguur, vertel aan sy gemeente die geskiedenis van Moses se roeping. Waar Moses wil teëstribbel, word die staf in sy hand verander in 'n slang:

    nou vrinne
    die Here het gabring
    aan my sy wonderwerke oek so
    hy het gavra wat's in my hand
    en vrinne
    in my hand was my kitaar

    Hierdeur was die geroepenheid van die digter vooropgestel en die wonderwerk van God in die vooruitsig gestel. Dit is egter iets wat nie sonder venyn kan geskied nie: die staf het immers 'n slang geword.Die "kitaar" moet die ding wees waardeur die verlossing kom en word, binne die godsdienstige inslag wat die bundel oorheers, die ekwivalent van die kruis. Terselfdertyd is die las wat op die profeet, die digter, geplaas word, nie 'n ligte een nie: die kitaar is vir hom 'n kruis...."Die kitaar kom meer tot sy reg in die vroeëre gedeeltes van die bundel. Met 'n ritmiese berusting word in "Die Here het gaskommel" verklaar: "Die Here het gaskommel / en die dice het verkeerd geval vi' ons / daai's maar al"; totale berusting is daar nie, want die kitaar sal gedurig bly roep.Die gedigte is daarom besonder liries, sangerig en die titel word daardeur ook struktureel verwoord."

    Klink hierdie teorie van "Mista K" korrek?

  • Hannah Borthwick

    Hallo daar!

     
    Ek is opsoek na die kortverhaal 'My Pa se Geweer' deur Ryk Hattingh. Ek tutor 'n Graad 10 seun en dit is deel van sy kurrikulum. Ek sukkel my dood om dit op te spoor. En verder, hy vat Afrikaans Eerste Addisionele Taal en kan bitter min Afrikaans verstaan. Enige hulpbronne (webtuistes ens) wat my kan help om die sy proses te benader?
     
    H.
  • Waar kan 'n mens vraestelle kry vir GR6 en 5. Wil ook weet waar kan mens die handboeke aflaai. Platinum Lewensvaardighede  ISBN: 9780636137813

  • Elmarie Peters

    Ek is op soek na die gratis studiegids oor "Aku vang 'n ster"  wat opgestel is deur Wikus Davel. Waar kan ek dit aflaai, asb?

    Ek sal u hulp baie waardeer.

    Baie dankie!

    Elmarie

  • Hallo,

     Ek is op soek na Graad 11 Vraestelle en opsommings vir my seun, ek het tot dusver nog nie gehelp met enige studies, maar ek sal moet ingruip en bystaan met die goed wat ek kan.

     Kan enige iemand my miskien help, waar om dit gratis te kry?

     Groete

    Sorinja

  • LitNet-redaksie

    Hallo almal, ons is besig om die hersieningsvraestelle by te werk. Volg hierdie skakels om nuwe graad 10- en 11-vraestelle vir Afrikaans te bekom: Graad 10-vraestelle is hier en graad 11-vraestelle hier. Ons voeg nog vraestelle by soos wat ons toestemming ontvang. Groete, Naomi Meyer, LitNet: inhoudsbestuurder

  • Martie Visser

    Is hierdie webwerf nog aktief?  Op die webblad
     https://www.litnet.co.za/Article/inligting-vir-onderwysers-en-leerders-voorgeskrewe-gedigte-vir-graad-12-afrikaans-huistaal  word vertel mens kan inligting oor digters en gedigte kry deur op die skakels te kliek, maar die skakels werk eenvoudig nie. Dit vat mens in all gevalle na die volgende webblad toe:
     https://www.litnet.co.za/Default.aspx?aspxerrorpath=/Article.aspx

    Kan iemand my help met die oorspronklike skakels van digters en hul gedigte?

  • Goeiedag. Ek is 'n beginner-onderwyser en is graag op soek na vraestelle in wiskunde graad 6. Is daar dalk iemand wat kan help asb? Ek sal dit baie waardeer.

    Groete

  • Carine Lottering

    Hallo 

    Ek is dringend op soek na lesmateriaal / studienota oor die roman "Pad na jou hart".

     Ek sal hulp waardeer.

     Dankie

  • Cheryl Claasen

    Goeie dag,

     
    Ek het 2 seuns in Graad 9 en sal baie graag Graad 9 (Caps) vraestelle en memorandums wil bekom vir die Maart 2015 toetsreeks wat eersdaags begin.
     
    Kan iemand help? Ek sal dit baie waardeer.
     
    Baie dankie,
     
  • Esther Erasmus

    Goeie dag

    Ek is op soek na vrae en bespreking oor Die potlooddief en die engel. Sal dit wardeer as iemand kan help.

    Baie dankie.

  • Goeie dag.

    Ek is 'n graad 5 Opvoeder, ek is opsoek na makliker manier om Wiskunde te onderrig, veral die onderrig van Maal, Deel en Kolom metode minus, Asseblief.

    Dan is ek ook opsoek na Vraestelle vir:
    Graad 5
    Wiskunde
    Afrikaans
    Engels
    Natuurwetenskappe en Tegnologie
    Geskiedenis
    Aardrykskunde
    Lewensvaardighede.

  • Rochelle Penderis

    hi ek is opsoek na n tegnologie, nw, afr huistaal en eng first addisional language vir gr 9 vir eerste kwartaal asb, as iemand dalk kan help sal ek waardeer.

  • Dankie vir die gr8 program wat julle het om ons kinders te help. Ek soek graag ou vraestelle vir Gr 8.

  • opsoek na gr 5 vraestelle alle vakke veral geografie en dan gr 4 en gr 5 history afrikaase vraestelle en ook antwoorde

  • Antionette Smuts

    Het julle enige vrae en antwoorde en opsommings van Vlerkdans skooluitgawe vir graad 9

    • Hallo! Ons gaan nie kan help met die ontwerp van 'n speletjie of 'n opsomming van wat jy versoek nie, maar hier is 'n indeks van die vraestelle en memo's wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die inhoud is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai gerus daardeur om te sien wat beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die vraestelle gratis in PDF-formaat oop te maak. Voorspoed en groete, die LitNet-redaksie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top