Inligting vir onderwysers en leerders: Voorgeskrewe gedigte vir graad 12 Afrikaans Huistaal

  • 17


Op soek na inligting oor die voorgeskrewe gedigte van 2014 se graad 12 Afrikaans Huistaal-sillabus? LitNet het ensiklopedieë vol gratis aanlyn inligting vir onderwysers en leerders. In die tabel hier onder is die naam van die gedig, die digter en 'n skakel wat jou na 'n skrywersalbum van die betrokke skrywer neem. Dié skrywersalbum gee volledige biografiese agtergrond van die skrywer van die gedig en kan dus help om die gedig te interpreteer en beter te verstaan.

 

 

Gedig

Skrywer/digter

Navorsingsinligting op LitNet

1. Nuus uit die binneland

Peter Blum

Peter Blum se ATKV-Skrywersalbum

2. 'n tipe epistemologie van water

Breyten Breytenbach

Breyten Breytenbach se ATKV-Skrywersalbum

3. Busrit in die aand

Elisabeth Eybers

Elizabeth Eybers se ATKV-Skrywersalbum

4. Een sprong vir ...

Joan Hambidge

Joan Hambidge se ATKV-Skrywersalbum

5. Die huis luister

Daniel Hugo

Daniel Hugo se ATKV-Skrywersalbum

6. Sonsverduistering

PJ Philander

PJ Philander se ATKV-Skrywersalbum

7. Kwatryne

Ina Rousseau

Ina Rousseau se ATKV-Skrywersalbum

8. "last grave at dimbaza"

Fanie Olivier

Fanie Olivier se ATKV-Skrywersalbum

9. Die skedel lag al huil die gesig

Wilma Stockenström

Wilma Stockenström se ATKV-Skrywersalbum

10. staat

Niel van Tonder

Skakel na die gedig op Google Groups – maar geen verdere inligting op LitNet is beskikbaar nie.

11. Safari

DJ Opperman

ATKV-Skrywersalbum van DJ Opperman

12. Vroegherfs

NP Van Wyk Louw

ATKV-Skrywersalbum van NP van Wyk Louw

 

As jy nog inligting van ander skrywers soek, volg hierdie skakel en kyk op LitNet na die ATKV-Skrywersalbums.

  • 17

Kommentaar

      • Hallo Amke, jy kan hier reageer, as jy wil en Ellenor, jy is ook welkom om die inligting as kommentaar te stuur sodat dit vir almal beskikbaar kan wees, as jy nie omgee nie. Baie dankie, groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

          • Hallo Ellenor, dankie vir jou navraag. As jy enige van die dokumente wil oopmaak, moet jy gewoon op die skakels klik om dit oop te maak. Hoop dit help. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

      • Hennah Larkins

        Beste Ellenor, mag ek dalk vra om ook die inligting oor die 2017 gedigte kry asb. Ons is by IEB so ek weet nie of die gedigte ooreenkom nie, maar stuur maar nietemin wat jy het. Kan ek jou betaal daarvoor?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top