Die RSG Kustefees 2016 het reeds afgeskop! Hier is nog inligting.
RSG Kunstefees 2016 spog vanjaar met 18 debuutwerke, waaronder dramas oor geskiedkundige figure soos Sarah Baartman en Beyers Naudé. Dit is die vierde radiokunstefees op RSG.
Onder andere deel twee van Suid-Afrika se Grammy-wenners, Wouter Kellerman en die Soweto Gospel Choir, die verhoog in ’n spesiale feeskonsert, en drie kort komiese radiodramas uit die pen van die bobaas-storieverteller Jan Spies gaan die luisteraars se lagspiere prikkel.
Die bekroonde radiokunstefees sal duur tot Vrydag 18 November en is dus weer ses dae lank.
Hier is die volledige program van vanjaar se fees, wat op die 13de November 2016 afgeskop het.


Kommentaar
Lankal reikhalsend uitgesien na hierdie fees. Hier en daar 'n klein teleurstelling, eintlik net een - Shakespeare - maar was in elk geval nog nooit mal oor 'n klug nie. Verder alles heerlik. Genotvol en sielekos vir kunsverslaafde.
Fantastiese luistergenot!
Die kinderstorie (Die Dingese) is die mees oorspronklike! Is dit dalk op CD beskikbaar?