
Elzabé Zietsman se eenpersoonstuk, Routrip, is by vanjaar se KKNK te sien.
Met die grendelstaat het eenpersoonstukke vlam gevat, maar dis asof die teaterganger nie wou byt nie. Ek inkluis. Soos stories, is die mens nou maar eenmaal lief vir verskeidenheid en een akteur op ’n verhoog kan lelik skeefloop in daardie terrein. Dan wals Elzabé Zietsman in met Routrip. Elzabé speel Helena. En ’n rits ander kleurvolle familielede en vriende van Helena. Die verhoog is van die begin af propvol maniërismes en stemme en karakters. Routrip speel voor jou af soos ’n klassieke toneelstuk met ’n enorme rolverdeling en landskappe regoor die land. ’n Rare ondervinding in teater is dit beslis. The Ziets is back! Hashtag hashtag.
As die ligte aangaan, is die verhoog vol bokse gestapel, want sien, Helena is nou klaar met die lewe. Sy pak op. Fina colada. Na ’n mislukte selfdoodpoging – die polities korrekte benaming nou – en drie weke in ’n psigiatriese kliniek gaan Helena die pad vat met lappieskomberse, glasoge, draadlose en boeke om finaal afskeid te neem van haar naastes. ’n Routrip. Ons ontmoet Helena amper aan die einde van haar reis in De Rust, waar haar motor besluit het om die gees te gee. Eindbestemming: Heroldsbaai.
........
Daar is nie ’n oomblik op hierdie warboelreis wat mens nie aan Elzabé se lippe hang nie. Die situasies en plekke wat sy skets, is soos lampies van beelde wat vlamvat in jou verbeelding. ’n Propperse moewie! Elzabé beweeg moeiteloos tussen dorp en karakter en sy balanseer komedie met tragedie amper onbewustelik.
........
Van daar vat Helena jou dan terug op haar hoogs opwindende reis deur die land. Van die troue in Douglas, die familie in Pretoria (kyk uit vir Elzabé se skreeusnaakse vertolking van Helena se skoonsuster, Magdel) tot in Durban, Port St Johns en Grahamstad (Makhanda). Daar is nie ’n oomblik op hierdie warboelreis wat mens nie aan Elzabé se lippe hang nie. Die situasies en plekke wat sy skets, is soos lampies van beelde wat vlamvat in jou verbeelding. ’n Propperse moewie! Elzabé beweeg moeiteloos tussen dorp en karakter en sy balanseer komedie met tragedie amper onbewustelik. In die wêreld van teater bestaan daar min so ’n soort optrede wat die grense van tradisionele storie vertel oorskry en die gehoor na 'n wêreld vervoer waar verbeelding en emosies uitgedaag word.
Die meeste mense dink aan kabaret en weergawes van bekende liedjies soos “Skipskop” wanneer hulle die naam Elzabé Zietsman hoor. Sy is talentvol in die kombuis ook. Haar krag lê, vir my, in haar vertolkings as aktrise. Ek onthou in die ’90’s nog klokhelder die rooikop Kaye Knobel in Egoli en hoe natuurlik sy voor die kamera was. Dan was daar die hartroerende vertolking in Dit wat stom is. In Routrip bevestig sy weer haar krag in die natuurlikheid van haar spel.
........
Die teks is haarfyn geskryf en ontsettend netjies uiteengesit om die gehoor op ’n padkaart te neem. Die slimheid van die teks maak dat die teaterganger ná weke steeds elke plek en karakter kan onthou.
........
Vandat Elzabé Zietsman weer terug is op die verhoog, het sy ook ’n hele paar “nuwe” stemme met haar saamgebring. Routrip se teks is geskryf deur Johann Slabbert en die regie is behartig deur Maralin Vanrenen. Die teks is haarfyn geskryf en ontsettend netjies uiteengesit om die gehoor op ’n padkaart te neem. Die slimheid van die teks maak dat die teaterganger ná weke steeds elke plek en karakter kan onthou. Slabbert skryf met menslikheid en heerlike eerlikheid. Vanrenen se regie versterk die teks en vertolking deur ’n onuitwisbare introspeksie in die mens se psige te skep en ’n draad van emosie en humor te span. Dit is geweldig verfrissend dat Elzabé hande vat met teatermakers wat nie dieselfde ou klomp is nie. Die enigste ander veteraan wat betrokke is by Routrip, is Coenie de Villiers met ’n nostalgiese klankbaan wat in sekere oomblikke die trane aanhelp met sy besonderse klavierklanke.
........
Die lekker ding van in ’n gehoor wees, is natuurlik om ook ander gehoorlede se reaksies te sien, en in Routrip was dit skreeusnaaks.
........
Die lekker ding van in ’n gehoor wees, is natuurlik om ook ander gehoorlede se reaksies te sien, en in Routrip was dit skreeusnaaks. Party het kop geknik deurgaans, terwyl ander nie ’n enkele beweging gemaak het nie. Die kersie op die koek was toe een gehoorlid histeries begin lag het in ’n baie spannende oomblik en die ouerige dame voor my haar vervies het met: “Dis glad nie snaaks nie!” Haar boskaas het skoon gewip van ontsteltenis.
Dít is die toorkrag van teater. Jou reaksie is jou eie.
Routrip is gebaseer op ’n ware verhaal en is ’n ontdekkingsreis van die menigvuldige fasette van die lewe. Die lewe kan swart en kak wees. Maar dit kan ook snaaks en opwindend wees. Depressie, as een van die sentrale temas, word so goed beskryf en uitgebeeld in Routrip dat mens Helena se besluite en oorwegings respekteer terwyl mens haar ook wil aanspoor asof sy in ’n wedloop is.
Routrip sal resoneer met gehore van alle agtergronde, aangesien dit die worsteling met liefde, verlies en die menslike toestand meesterlik uitbeeld. Elzabé, mag jy nog vir jare konsert hou en mag daar altyd iemand wees om jou plante water te gee.
Routrip is te sien by die KKNK 23 Maart om 15:00, 24 Maart om 13:00 en 25 Maart om 16:00 by die Van Reedesaal.
Lees ook:
Persverklaring: Verskeie bekroonde produksies by KKNK te sien
Persverklaring: Program vir 28ste KKNK bied medisyne vir die siel
LitNet | STAND theatre review workshop: Ignus Rademeyer's review of Monsters (final version)