Persverklaring: Program vir 28ste KKNK bied medisyne vir die siel

“By die KKNK wag daar van Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart op Oudtshoorn voorwaar ’n kuur vir elke kwaal. Dié fees word in die Maart-skoolvakansie aangebied en eindig oor Paasnaweek. Dis ’n wegbreekkans vir die hele gesin met ’n program vir elkeen se smaak.” Só sê Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK.