Promosie: Met een voet in die Bybel deur Gert Janse van Rensburg

  • 0

Titel: Met een voet in die Bybel
Skrywer: Gert Janse van Rensburg
Uitgewer:  Kreativ SA

Tweede hersiene en bygewerkte uitgawe:

  • 900 Afrikaanse spreekwoorde, idiome, vaste uitdrukkings en gesegdes wat aan die Bybel ontleen is,
  • 2 500 Skrifverwysings en toeligtings,
  • hier en daar ’n stukkie teologie en ’n brokkie humor.

Stefan Keller | Pixabay

Hierdie besonderse boek is al deur teoloë, leksikograwe en taalkundiges beskryf as “uniek, enig in sy soort”.

Geen wonder dat die eerste uitgawe vinnig uitverkoop is nie.

Nou het ’n tweede hersiene en uitgebreide uitgawe verskyn waarin die skrywer ongeveer 100 verdere uitdrukkings bygevoeg het en van die ander hersien het.

Die nuwe uitgawe bevat nou 900 Afrikaanse idiome, spreekwoorde en vaste uitdrukkings wat op een of ander manier na die Bybel herlei kan word. Die betekenis van elke uitdrukking word gegee en dan in sy Bybelse konteks bespreek.

Die aanvanklike navorsing is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns geldelik ondersteun. Die 89-jarige skrywer, ’n emeritus dominee, het die taak voltooi ten spyte van ernstige ouderdomsverwante makulêre degenerasie.

Myriams-Fotos | Pixabay

  • Die boek kan gebruik word in persoonlike sowel as groepsbybelstudie;
  • Vir interessante gesprekke om die tafel;
  • Deur studente en skoliere om hulle taalvaardighede in opstelle en debatte te verbeter.

Die puik uitleg en taalversorging is te danke aan dr. Mariëtta Alberts, ’n ervare leksikograaf en terminoloog, en Myra Lochner van die gerekende uitgewery Kreativ SA.

  • Die boek van 333 bladsye kos slegs R280-00.
  • Dit kan by die skrywer in Pretoria afgehaal word of per koerier versend word teen ’n bykomende koste van R80-00.
  • Uit die opbrengs word ’n donasie aan Solidariteit Helpende Hand se Bejaardesorgfonds gemaak.

Die skrywer behartig self die bemarking en verspreiding, laai die bestelvorm hier af. Hy kan gekontak word by voetinbybel@gmail.com of selnommer 0823732367.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top