PRH | LAPA | Nuwe fiksie | New fiction

  • 0

Penguin Random House en LAPA se nuwe fiksie is bekendgestel

Announcing new fiction from Penguin Random House and LAPA


Waar onthou begin
Connie Luyt
Fiksie
Druknaam: Penguin
ISBN: 9781485904465 (druk)
ISBN: 9781485904625 (e-Pub)
R280,00

Hoeveel van jou identiteit word aan jou herinneringe gekoppel?

Connie Luyt se nuutste roman, Waar onthou begin, is pas deur Penguin Random House uitgegee. Die roman ondersoek die rol wat ’n mens se geheue en herinneringe speel.

Toe Elfrieda ná ‘n lang koma wakker word, kan sy niks onthou nie. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor ’n motor ingehardloop het nie.

’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n die herinnering van ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.

Maar die onthou bring ook seer: Soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ’n vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en verwerping daarna.

Elfie se pad na vergifnis en vrede verby die skok en ontsetting van onthou is lank.

Onderliggend aan haar verhaal loop nog ’n verbeeldingstog: Die grootliks onbekende storie van Mary Livingstone, wie se lewe skaars ’n fluistering in die geskiedenis was.

Connie Luyt is die skrywer van verskeie kortverhale en romans, onder meer Meer as een grens, Lang skaduwees oor Afrika en Reën oor die Serengeti, laasgenoemde twee vir ’n ATKV-veertjie benoem en ook in Nederlands vertaal. Sy is in Malmesbury gebore en het tale en geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy woon in Pretoria.


Still Life
Zoë Wicomb
Fiction
Imprint: Umuzi
ISBN: 9781415210536 (print)
ISBN: 9781415210666 (ePub)
R280,00

This is a brilliant exploration into the lives of abolitionist Thomas Pringle and slave author Mary Prince by one of the world’s finest writers.

Zoë Wicomb is publishing a new novel with Umuzi in September. In Still Life, described by Neel Mukherjee as an “exhilarating and profoundly intelligent novel”, apparitions flit through time and space to reconstruct the story of Thomas Pringle – abolitionist, publisher, and, some would say, Father of South African Poetry. Scottish-born Pringle journeyed to South Africa with the 1820 settlers, establishing The South African Journal, and in 1826 relocated to England to work as Secretary to the Anti-Slavery Society.

In the novel, a reluctant writer decides to take on the task of piecing together Pringle’s biography, and a cast of characters steps in to help. There’s the spectre of Mary Prince, the first black female slave to publish her memoirs, encouraged by Pringle. (The History of Mary Prince is widely available to this day.) There’s the ghost of Hinza Marossi, Pringle’s adopted Khoesan son, and the time-traveller Sir Nicholas Greene, a character readers will recognise from Orlando by Virginia Woolf.

While Mary is breathing fire and Sir Nicholas is pining for her despite himself, Hinza is interrogating his origins. What is to be made of the life of Pringle so many years after his death by this motley crew from the 1800s resurrected to face contemporary times?

Zoë Wicomb’s work has been praised by the likes of Toni Morrison and JM Coetzee, and a new novel by her is a highlight. The wonderfully strange Still Life offers an acerbic exploration of colonial history in Wicomb’s inimitable prose and with her piercing wit.

Zoë Wicomb is the author of You Can’t Get Lost in Cape Town, David’s Story (winner of the M-Net prize), Playing in the Light, The One That Got Away, and October. In 2013 she was awarded Yale University’s Windham Campbell Prize for Lifetime Achievement in Fiction Writing. She lives in Glasgow, where she is Emeritus Professor at the University of Strathclyde.


Toekomsmens
Isa Konrad
Fiksie
Druknaam: LAPA
ISBN: 9780639605234 (druk)
ISBN: 9780639605241 (e-Pub)
R290,00

Pretoria, 2057. Dertig jaar ná Johannesburg in ’n spookstad verander het, word die Nuwe Republiek van Suid–Afrika deur die Toekomsparty en ’n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as ’n programmeerder in die Intelligensieburo. Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer ’n militêre observasiesatelliet ’n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek.

Op dieselfde dag word In–Grid, die Intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, in ’n aanval vernietig. In chaos wat volg, aktiveer Kel In–Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe van Agnes Baumer bevat, ’n vroulike spioen in Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede.

Toekomsmens is beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.


Romanza Nostalgie: Rosita Oberholster
Rosita Oberholster
Romanse
Druknaam: Romanza
ISBN: 9780639605333 (druk)
ISBN: 9780639605319 (e-Pub)
R125,00

Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf.

Sy fosforvrou: Lanie vrees sy verloor haar hart op dieselfde soort man as waarvan sy geskei het: nie ’n eenvrouman nie. En die gesprek wat sy ongevraagd moet aanhoor, bevestig dit. Maar haar hart protesteer ...

Blou diamant vir ’n ysprinses: Nadat Carla die soveelste paar buitensporige duur skoene gekoop het, het haar pa genoeg gehad. Hy verban haar vir een jaar na ’n plaas teen die Weskus waar sy haar brood op die harde manier moet verdien.

En dit onder Adam se toesig …

Romanza Nostalgie: Rosita Oberholster is beskikbaar by jou naaste boekwinkel. Die e-boek is beskikbaar by LAPA en Amazon.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top