Persvrystelling: Vier universiteitskore saam op Stellenbosch by Kuesta-koorfees 2017

  • 0

NMU se koor (Foto: Youtube)

Kuesta, die tweejaarlikse byeenkoms van die voorste Suid-Afrikaanse universiteitskore, word op 8 en 9 September in Stellenbosch aangebied.

Vier kore neem vanjaar deel, naamlik dié van die Universiteit van Johannesburg (UJ), Nelson Mandela Universiteit (NMU) in Port Elizabeth, Noordwes Universiteit (NWU) in Potchefstroom, en die gasheer, Stellenbosch (US).

Twee formele konserte word in die Endlersaal aangebied waar al vier kore saam sal optree. Die vier kore sal ook een item sáám uitvoer. Kaartjies kos R140 en is te koop by Computicket.

NMU was die gasheer vir Kuesta 2015. Die 2019-gasheer word tydens vanjaar se byeenkoms bekend gemaak.

Hier is klankopnames van die hoogtepunte van 2015 se Kuesta-koorfees:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top