Persvrystelling: Literatuurfees by NALN - Hulde aan helde-reeks en Literatuurgeskiedenisreeks

  • 0

Die Literatuurfees by NALN (Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) vind plaas in Bloemfontein tot 4 Julie 2019.

Dit behels die gewilde Hulde aan helde-reeks, asook die Literatuurgeskiedenisreeks.

  • Kaartjies is beskikbaar by die deure of via Computicket

Hulde aan helde-reeks @ NALN

Aag, gee Visser ’n kans! Woordkuns uit die oude doos

Aag, gee Visser ’n kans! Woordkuns uit die oude doos is ’n keur uit A.G. Visser se digkuns, voorgelees deur Nico Luwes en Peter Taljaard. Die program wissel van sy speelse woordwaarhede, tot meer ernstige en veral sy roman-tiese gedigte waarmee Visser die harte van mense oor dekades geroer het. Soms onskuldig, soms skerp satiries, maar altyd strelend op die oor en murgsag in die hart! Dis A.G. Visser!

Met: Nico Luwes, Pieter Taljaard
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)
Plek: NALN
Tyd: 4 Julie, 18:00

Die man wat glimlag met ’n mes onder sy jas

Hy is vanjaar negentig jaar jonk. Hy is lank. Hy is regop. Hy is skerp. Hy is stout. Hy is ontstig. Hy is ’n filosoof. Hy is ’n teoloog. Hy is ’n denker. Hy is ’n bekroonde satirikus. Hy is ’n dramaturg. Hy prikkel. Hy kielie. Hy amuseer. Hy maak die donder in. Hy glimlag inderdaad met ’n mes onder sy jas. Hy is M.M. Walters. Johann Nel gesels oor Walters. Kom gesels saam.

Met: Johann Nel
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)
Plek: NALN
Tyd: 1 Julie, 18:00

Van toe tot nou: ’n reis van twee stede

Philip de Vos, wat op 16 Junie 80 geword het, praat, in ’n program met vertellings, versies en ’n liedjie of twee, oor sy grootwordjare in Bloemfontein en hoe hy later in sy Kaapstadjare bekend geword het as operasanger, skrywer, versiemaker, rymvertaler, fotograaf en skrywer en aanbieder van radioreekse oor klassieke komponiste. Kom deel in die genot!

Met: Philip de Vos
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)
Plek: NALN
Tyd: 1 Julie, 19:00

Etienne Leroux: sy betekenis vir vandag

Etienne Leroux is vir baie lesers ’n haas vergete skrywer. Wanneer daar egter na sy invloed op ’n nuwe geslag skrywers gekyk word, blyk die teenoorgestelde. Skrywers so uiteenlopend soos André P. Brink, Alexander Strachan, Ingrid Winterbach en Peet van Aardt is duidelik sterk deur Leroux op stilistiese en tematiese vlak beïnvloed. Een van Leroux se romans wat seminaal in hierdie verband is, is 18-44 – wat ook in die buiteland hoë lof ingeoes het. Kom luister na hierdie boeiende gesprek tussen twee gesoute literatore. 

Met: Heilna du Plooy, Hennie van Coller
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)
Plek: NALN
Tyd: 3 Julie, 18:00

Karel Schoeman, sy laaste reis

Die bykans ikoniese bydrae wat Karel Schoeman tot Afrikaans gelewer het, is nie te betwis nie. Die dood en die sterf-proses is belangrike en wederkerende temas in sy uitgebreide literêre oeuvre. Tersefdertyd het hy ook die lewe gevier. Vanjaar, op 26 Oktober, sou hy 80 jaar oud word. Om hierdie dag en die lewe van Karel Schoeman in herinnering te roep, gesels Jackie Steyn met sy nabyvriende. Lesers en belangstellendes word genooi om persoonlike gunsteling gedeeltes uit sy tekste (in enige genre) saam te bring om voor te lees.

Met: Jackie Steyn, Leana Lategan, Wyno Simes, deelnemers uit die gehoor
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included)
Plek: NALN
Tyd: 2 Julie, 18:00

Dr Khotso Pieter David Maphalla – a most prolific Sesotho author

We pay tribute to Dr K.P.D. Maphalla, perhaps the most prolific and proficient of contemporary Sesotho writers. This Bethlehem native’s creative oeuvre includes twenty-four Sesotho poetry books, five short story anthologies, two plays and sixteen novels. The tribute will include an overview of his life and work, readings from his literary legacy, as well as a display of his oeuvre and an audio-visual exhibition.

With: Pule Lechesa and others
Language: English, Sesotho
Duration: 60 min
Price: Free
Venue: Sesotho Literary Museum @NALN
Time: 4 July, 14:00

Literatuurgeskiedenisreeks @ NALN

Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika – die biografie van ’n taal

Die storie van Afrikaans kyk opnuut na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans én veral Afrikaans se Afrika-herkoms – oor die opbouproses om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry; Afri-kaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu; en Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was.

Met: Wannie Carstens, Angelique van Niekerk, Jolyn Phillips, Hennie van Coller (gespreksleier)
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R25
Plek: NALN
Tyd: 3 Julie, 9:30

Gespreksgenote – Elize Botha en P.G. du Plessis

Wyle prof. Elize Botha was nie net ’n bekwame en bekende letterkundige en dosent nie, maar ook ’n ywerige korrespondent. Sy het ook die meeste van die briewe wat sy ontvang het, gebêre. In Gespreksgenoot. ’n brieweboek is daar briefwisselings bymekaargebring, wat oor verloop van 40 jaar geskryf is. P.G. du Plessis was ’n bekende skrywer en openbare figuur, geliefd maar ook omstrede. Sy huldigingsboek bevat, naas artikels en essays, ook ’n onderhoud met Heilna du Plooy, wat twee maande voor P.G. se dood gevoer is en waarin hy openhartig oor sy lewe en sy werk gesels.

Met: Heilna du Plooy, Hennie van Coller (gespreksleier)
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R25
Plek: NALN
Tyd: 3 Julie, 10:45

Verbintenis en venster: die Nederlandse letterkunde van aanvang tot hede

Die publikasie, Verbintenis en venster: die Nederlandse letterkunde van aanvang tot hede. ’n Nederlandse literatuur-geskiedenis in Afrikaans, is die eerste Nederlandse literatuurgeskiedenis in Afrikaans in 30 jaar. Die boek bestaan uit twee dele: Deel 1 is ’n oorsig van die Nederlandse letterkunde van die Middeleeue tot 2015. Deel 2 bevat 46 hoof-stukke oor belangrike, moderne Nederlandse skrywers (dus van die Beweging van Tagtig af). In die gesprek sal gesels word oor die metodologie van literêre geskiedskrywing. Eintlik is die vraag: wat is literêre geskiedenis?

Met: Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld (gespreksleier)
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min
Prys: R25
Plek: NALN
Tyd: 3 Julie, 12:00

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top