Persvrystelling: Keelvol by die Boer restaurant teater in Durbanville te sien

  • 0

Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het ’n terugslag as musikant beleef in die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland. 

Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg agter ’n gordyn van sarkasme en harde werk. 

Mariëtte Labuschagne werk in ’n boekwinkel op dieselfde dorp. Sy droom haar hele lewe lank van ’n loopbaan op die verhoog. Al wat sy wil doen is sing en "perform".

Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed met n grappie of ’n storie en sy is altyd ongeremd. Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk?

Hierdie kombinasie kan óf ’n resep vir ’n ramp wees óf dalk net wat hulle albei nodig het?

.............................

Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde kykNET sepie, Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (beter bekend as Sr Naomi Ferreira in Binnelanders) maak vir die eerste keer saam hulle verskyning op die verhoog in hierdie bittersoet komedie. 

Dié produksie beloof om iets te wees wat die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte sal aanraak.

Kom wees deel van hierdie unieke teater-ervaring waar storie, musiek, stemme en drome saamgeweef word en kom vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in ’n wêreld wat jou soms wil stilmaak.

Keelvol is by die Boer restaurant teater in Durbanville te sien op 5 Junie om 20:30 en Sondag 9 Junie om 13:30. 

Kaartjies kos R130 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Kliek hier om ons op Facebook te volg: Keelvol

Vir enige navrae oor die produksie kontak Louis van Wyk (Music Profile Management) via e-pos: louis@musicprofile.co.za of skakel 012 991 4102.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top