Persvrystelling: Gedigtefees in McGregor, 24 tot 26 Augustus 2018

  • 0

Die sesde Gedigtefees in McGregor vind vanjaar vanaf 24 tot 26 Augustus plaas. Gedigteliefhebbers wat die naweek gaan bywoon kan uitsien na voorlesings deur ’n keur van meer as 160 Suid-Afrikaanse digters. Van die meer bekendes op vanjaar se program sluit Kobus Moolman, Galeo Saintz, Douglas Reid Skinner, Patricia Schonstein, Athol Williams, Toast Coetzer, Erns Grundling, Joan Hambidge, Phillippa Yaa de Villiers, Willem Fransman, Fourie Botha en Lara Kirsten in. Daar is ook verskeie oopmikrofoonsessies wat gereël word deur die twee Kaapse groepe Off the Wall en Grounding Sessions en soos elke jaar, is daar op die Vrydagoggend ’n spesiale program wat vir leerders van omliggende skole aangebied word.

Lara Kirsten | Photo: Keran Ducasse

Fourie Botha | Foto: Ruben Rossouw

Die tema vir vanjaar se fees is “Die klank van water”/“The sound of water”. Digters van regoor die land het met entoesiasme gereageer om hulle aanbiedinge by die tema te laat inpas. Kyk onder andere uit vir Desert rain met David Tyfield, Haunted by water met Wendy Woodward en Christine Coates, Homage to the waters met Marguerite de Villiers, Songs of water deur die Worst End Theatre Company en Waterways met Joseph Koetsier.

Daar is ook vanjaar opwindende aanbiedinge deur groepe. Kyk uit vir The Mothertongue Youth Theatre Company, ’n voltydse teatergroep wat in McGregor gebaseer is. Memories of water kombineer digkuns, teater en musiek en die selfgeskrewe teks word in Engels, Afrikaans en Xhosa aangebied. Tien digters van die Life Righting Collective kom ook saam om die produksie Finding water: This is how it is na die fees te bring. Meer inligting oor hulle werk by www.liferighting.com.

The Mothertongue Youth Theatre Company

’n Baie spesiale inisiatief wat vanjaar vir die eerste keer aangepak word is die Helenvale Poets “back a buddy”-projek. Daar word daarna gemik om borgskappe/donasies in te samel om vanjaar 20 jong digters uit Helenvale, Port Elizabeth na die fees te bring. Helenvale is ’n area wat bekend is vir armoede en geweld. Die Helenvale Gedigteprojek fokus daarop om jongmense in die area te help om kreatiewe uitdrukking te gee aan hulle gedagtes en sodoende hulself en hul medemens deur digkuns beter te leer ken. Vir meer inligting en om donasies te maak, gaan na https://www.backabuddy.co.za/champion/project/helenvale-poets-attendance-at-the-mcgregor.

Billy Kennedy, stigter van die Gedigtefees in McGregor, sê dat dit ongelooflik is om te sien hoe die fees deur die afgelope paar jaar gegroei het. “Ons kry elke jaar meer en meer belangstelling van digters van regoor Suid Afrika wat graag wil meemaak aan hierdie spesiale geleentheid. Dit maak my baie bly om te sien dat daar soveel belangstelling is. Ek glo dat digkuns van onskatbare waarde vir ons samelewing is.”

McGregor is die perfekte dorpie vir die viering van digkuns. Die lokale is loopafstand van mekaar af en die plattelandse sjarme van die dorp dra by tot ’n unieke ervaring.

Volledige lys van digters by vanjaar se Gedigtefees in McGregor: http://poetryinmcgregor.co.za/

Kaartjies beskikbaar by Computicket:

https://online.computicket.com/web/festival/poetry_in_mcgregor_2018/33964238

Akkommodasie:

  • Temenos Retreat: www.temenos.org.za / temenos@lando.co.za / 023 625 1871
  • McGregor Country Getaways: info@mcgregor-accommodation.co.za / 023 625 1409 / 076 411 9477
  • Destination McGregor: www.destinationmcgregor.co.za /023 625 1450 / 082 924 8997
  • McGregor Toerisme:  info@tourismmcgregor.co.za / 023 625 1954
  • Robertson Toerisme: info@robertson.org.za / 023 626 4437

Web en sosiale media:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top