Persvrystelling: Drie susters

  • 0

Ná  54 vertonings is die topverkoper by verskeie kunstefeeste, Drie susters  weer op die planke by Die Boer (moontlik gemaak deur Innibos Kunstefees)

Lizz Meiring (Christine), Margit Meyer-Rödenbeck (Anel) en Nicole Holm (Bianca) (Foto: verskaf)

Met: Lizz Meiring (Christine), Margit Meyer-Rödenbeck (Anel) en Nicole Holm (Bianca)        
Vervaardiger:  Arena Produksiehuis in samewerking met Innibos Kunstefees
Teks:  Louis Pretorius (Boekklub-faam)
Regie:  Tara Notcutt
Tegniese regie:  Jeanne Steenkamp
Stel, kostuums en beligting: The Scenic Studio  
Klankbaan: Gideon Lombard

Kom reis saam met drie susters deur die slaggate en mynvelde van verhoudings, vrou- en ma-wees.

Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand, 'n verjaarsdaggeskenk van Christine se tweeling, is vertraag. Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng? 'n Bord sushi sou net so goed gewees het. Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy is bang vir vlieg.

Terwyl die susters die tyd  met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge verwyl, word hul onderskeie lewenskeuses uitmekaar getorring en ou koeie opgegrawe. Want hier sit hulle nou. Die vlug is vertraag en Christine is hoog op kalmeerpille. Bianca is vas oortuig sy't hulle verlore ma gesien. Anel praat met 'n aantreklik man. Christine maak haar oë toe. Sy droom van stilte. Absolute stilte. Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn. Sy mag dit nie dink nie, maar…. sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord.

Sal hulle ooit daar uitkom? Of is almal net te vlugvoos? Drie susters is ʼn  dramedy geskryf deur Louis Pretorius van Die Boekklub- & Fynskrif-faam.

Plek: Die Boer (Durbanville)
Datums: 4 tot 10 November (6 November uitgesluit)
Middagvertonings: 9 en 10 November om 13:30 tot 15:00 (deure open om 11:30 vir middagete)
Kaartjies: R180, beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.

Ander vertonings:

13 November by Ermelo Hoërskool Kunssentrum Ouditorium (Ermelo)
14 November by die Etienne Rousseau Teater (Sasolburg)
15 November by die  Ernest Oppenheimer Teater (Welkom)
16 November by die Silverstar Platinum Ballroom (Krugersdorp)
21 tot 22 November by die Atterbury Teater (Pretoria)

Koop jou kaartjies hier.

Die produksie word moontlik gemaak deur die vriendelike vergunning van die Hiemstra Trust, KWV, Clemngold, Vision Insurance, Hannon, Die Burger en Tyger Burger.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top