Persvrystelling: Die land se top-spellers in Afrikaans is Noord-Kapenaars

  • 0

Die beste spellers in die land woon in die Noord-Kaap. In die nasionale eindronde van die 2018 Sanlam WOW Spelfees wat op Saterdag 20 Oktober in Stellenbosch gehou is, het die Noord-Kaap nege van die wenners opgelewer, terwyl agt Wes-Kapenaars onder die top-30 was. Vir Afrikaans Huistaal word dié nasionale spelkompetisie van graad 1 tot 10 aangebied. Die algehele wenners in Grade 3, 5, 7 en 9 was almal Noord-Kapenaars.

Meer as 300 leerders van 129 skole het Saterdag byeengekom om hul spelkragte te meet. Die finaliste het deurgedring in ’n reeks uitdunne wat gedurende die jaar regoor die land aangebied is.

Nico Koopman doen die verwelkoming

WOW ondersteun meertaligheid en vanjaar het 112 leerders uit vier provinsies deelgeneem aan die Sanlam WOW Nasionale spelfees vir Engels Eerste Addisionele taal. Sedert 2017 bied WOW ook ’n Xhosa-spelfees in vier distrikte aan en die plan is om hierdie aanbod verder uit te brei.

In die afdeling vir Engels Addisionele Taal het leerders van graad 6 tot 9 meegeding en hier was dit veral die Oos-Kapenaars wat uitgeblink het. Ses van die top twaalf leerders kom uit die Oos-Kaap; vier uit die Wes-Kaap.

Devon vd Heever (graad 2) van Laerskool Pietersburg-Oos in Limpopo

“Die WOW Spelfees hou aan groei en groei,” het ’n opgewonde Fiona van Kerwel, projekbestuurder van WOW, gesê. “Dis die sewende jaar wat ons ’n nasionale kompetisie aangebied het en die standaard sowel as die moeilikheidsgraad neem saam met die aantal deelnemende skole toe.”

“Meer as 6 000 kinders het van skool-, kring-, distrik- en provinsiale vlak deelgeneem om ons van dag tot hier te bring,” het Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees (wat die WOW-projek insluit), tydens die prysuitdeling gesê.

Frank Louw, van die hoofborg, Sanlam, se afdeling vir Korporatiewe Sosiale Betrokkenheid, het gesê hulle steun die projek omdat dit net nóg ’n manier is om WelvaartmeestersTM te skep.

Aliyah Speelman (graad 2) van St Blaize Primêr in Mosselbaai

Wenners het elkeen ’n kontantprys, ’n medalje van Sanlam en ’n balkie vir hul skoolbaadjies ontvang, asook ’n boekprys van NB-Uitgewers. Die eersteplek-wenners het daarmee saam elkeen ’n slimfoon of tablet gekry. Ander borge sluit in die Universiteit Stellenbosch, kykNET, TAO (Trust vir Afrikaanse Onderwys), Het Jan Marais Nationale Fonds en Millenium Trust.

Die Sanlam WOW Spelkompetisie is nou in sy sewende jaar. WOW, ’n akroniem vir Woorde Open Wêrelde, het ten doel om ’n liefde vir lees en woorde by leerders te kweek. Die projek help ook jaarliks sowat dertien behoeftige leerders aan die Universiteit van Stellenbosch deur aanvullende beurse beskikbaar te stel.

Marli Jacobs (graad 1) van Laerskool Staatspresident CR Swart in Mpumalanga

Nasionale wenners per graad in Afrikaans Huistaal

Graad 1

  1. Marli Jacobs | Laerskool Staatspresident CR Swart | Mpumalanga
  2. Jury Hayes | Laerskool Oranje-Noord | Noord-Kaap
  3. Luke Versveld | Laerskool Gericke | Wes-Kaap

Graad 2

  1. Annabelle Kirstein | Fairland Laerskool | Gauteng
  2. Anduné Morkel | Vyeboom CPS | Wes-Kaap
  3. Menienke Crawley | Sentrale Volkskool | Vrystaat

Graad 3

  1. Nicole Rief | Kleinzee Primêr | Noord-Kaap
  2. Marizel Swanepoel | Laerskool Jacobsdal | Vrystaat
  3. Jani Visagie | Laerskool Swartland | Wes-Kaap

Graad 4

  1. Anienke Herbst | Laerskool Mooirivier | Noordwes
  2. Cari van Rooyen | Laerskool Krugerpark | Limpopo
  3. Ethan Bothman | Laerskool Handhaaf | Oos-Kaap

Graad 5

  1. Anja Strauss | Primêre Skool op die Voorpos | Noord-Kaap
  2. Jeugene Makok | John D Crawford Primêr | Wes-Kaap
  3. Catelyn Baillie | Blanco Laerskool | Wes-Kaap

Graad 6

  1. Jeanné Scheepers | Laerskool Pietersburg-Oos | Limpopo
  2. Christiaan Genade | Worcester Primêre Skool | Wes-Kaap
  3. Liné Pienaar | Laerskool De Aar | Noord-Kaap

Graad 7

  1. WC Ehlers | Laerskool Groblershoop | Noord-Kaap
  2. Skylar Williams | Springbok Laerskool | Noord-Kaap
  3. Anastacia Links | Bethelsdorpweg Primêr | Oos-Kaap

Graad 8

  1. Josef Joubert | Hoërskool Piet Potgieter | Limpopo
  2. Jessica Pieters | HTS Witbank | Mpumalanga
  3. Niné van Niekerk | Hoërskool Kanonkop | Mpumalanga

Graad 9

  1. Jeandré Fredericks | Veritas Hoërskool | Noord-Kaap
  2. Elsaby Barnard | Hoërskool Postmasburg | Noord-Kaap
  3. Michelle Hammann | Potchefstroom Gimnasium | Noordwes

Graad 10

  1. Shawn Day | Hoërskool Swartland | Wes-Kaap
  2. Gordon de Jongh | Hoërskool Namakwaland | Noord-Kaap
  3. Melvinito Miggel | Hoërskool Van Rhynsdorp | Wes-Kaap

Graad 10-wenners: Agter van links – Leslie van Rooi, Fiona van Kerwel, Frank Louw, Thea Korff, Peter Beets, Saartjie Botha. Voor van links – Gordon de Jongh, Shawn Day en Melvinito Miggel

Nasionale wenners per graad in Engels Eerste Addisionele taal

Graad 6

  1. Salimisa Trongo | Graslaagte Primêr | Oos-Kaap
  2. Ray Kettledas | Graslaagte Primêr | Oos-Kaap
  3. Sherick Solomons | Westerkim Primêr | Noord-Kaap

Graad 7

  1. Charlton Goliath | Astra Primêr | Oos-Kaap
  2. Danté Jafhta | Hermeslaan Primêr | Wes-Kaap
  3. William Pieterse | Kakamas Primêr | Noord-Kaap

Graad 8

  1. Anna-Nelle Smuts | Hoërskool Swartland | Wes-Kaap
  2. Naomi Russell | Dysselsdorp Sekondêr | Wes-Kaap
  3. Trenton George | Humansdorp Sekondêr | Oos-Kaap

Graad 9

  1. Mihle Bentele | Hoërskool Swartland | Wes-Kaap
  2. Amoré Rademeyer | Otto du Plessis Hoërskool | Oos-Kaap
  3. Kelly Titus | Humansdorp Sekondêr | Oos-Kaap

Foto's: Jeremeo le Cordeur/WOORDFEES

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top