Persverklaring: Wenners van die LAPA-jeugromankompetisie 2023

  • 0

Die wenners van die LAPA-jeugromankompetisie 2023 is bekend.

Daar is vanjaar drie naaswenners en ʼn algehele wenner.

Daar was nie genoeg inskrywings in die jongertiener- en jongvolwasse-afdelings om die manuskripte teen mekaar te meet en te laat kompeteer nie.

Gebaseer op die beoordelaars (Chase Rhys, Verushka Louw en Theresa van Baalen) se terugvoer, is besluit om eerder vir die manuskripte, wat algeheel die hoogste punte gekry het, as die wenners aan te wys.

Fanie Viljoen stap weg met die eerste prys vir sy boek Ons laaste legendariese somer en daarmee saam kry hy 'n stewige tjek van R30 000.

Die drie naaswenners is Jacolet van den Berg (Bravo! Charlie), Zelda Bezuidenhout (Quinn se jaar van kwik) en Annerle Barnard (Sterstof).

Die kompetisie se prysgeld beloop R60 000 en selfs skrywers wat nie in die top drie eindig nie, staan steeds 'n kans om gepubliseer te word.

Fanie se boek sal in September op die rakke wees, Zelda se boek in Oktober en Annerle en Jacolet se boeke verskyn beide in November. Van die ander boeke op die kortlys staan ook steeds 'n kans om in die volgende jaar gepubliseer te word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top