Persverklaring: Tyd vir ’n blaaskans met die Suidoosterfees se spesiale afslagpakkette

  • 0

Die Suidoosterfees, wat van 26 April tot 2 Mei in Kaapstad plaasvind, val oor ’n langnaweek en in die skoolvakansie. Met ’n program propvol drama, komedie, gesprekke, musiek, inryteater en vele meer, is dit die perfekte geleentheid om jou batterye te kom herlaai.

Die fees en die Premier Hotel Kaapstad bied ’n bekostigbare wegbreek-opsie aan feesgangers. Vir net R650 per persoon wat deel, kry jy bed en ontbyt vir een nag, en drie teaterkaartjies. Anchen Bester, bemarkingsbestuurder van die Premier Hotels & Resorts, sê: “Vir ons is dit belangrik dat feesgangers lekker en gerieflik fees kan hou, daarom verskaf ons geskeduleerde vervoer vir gaste tussen die hotel en Artscape. Ons handhaaf al die nasionale protokolle en ons verseker feesgangers ons doen alles in ons vermoë om hulle veiligheid by die hotel te verseker.”

Die gasvryheidsbedryf en die kunste-industrie is van die sektore wat die swaarste deur die pandemie getref is. Leonora da Souza van Stad Kaapstad sê dat die stad die Suidoosterfees ondersteun: “Ons is trots op die innoverende maniere waarop die fees pandemie-uitdagings hanteer en voortgaan om uitstekende vermaak aan die publiek te bring.”

Jana Hattingh, die fees se uitvoerende hoof, sê: “Alle feesaktiwiteite wat ons op ’n veilige manier tydens die pandemie kon aanbied, is te danke aan die ondersteuning van ons borge en vennote. Hulle onderskraging stel ons in staat om aan kunstenaars ’n platform te bied, en ’n onvergeetlike ervaring aan feesgangers.”

Bespreek nou vir die feespakkette by 086 111 5555 | INFO@PREMIERHOTELS.CO.ZA. Besoek www.suidoosterfees.co.za vir die volledige feesprogram.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top