Persverklaring: Suidooster-sterre gaan kersies uitblaas by 20ste Suidoosterfees

  • 0

Die sepiester Eden Classens is weer een van die sterre in Suidooster Stormsterk.

Kaapstad se Suidoosterfees en Suidooster, kykNET se gewilde reeks, is soos familie wat dieselfde van deel. By vanjaar is 20ste fees, is talle van die sepie se sterre in verskillende produksies op die feesverhoog.

In 2022 was Suidooster Stormsterk, ’n musiek- en dansproduksie, ’n wegholtreffer op die feesprogram, en in 2023 kom blaas Suidooster-akteurs die fees se verjaarsdagkerse uit met Suidooster Stormsterk 2.

Irshaad Ally en Jawaahier Petersen, wat die geliefde paartjie Rhafiek en Kaashifa Samsodien in Suidooster speel, is in Suidooster Stormsterk by Suidoosterfees te sien.

Jawaahier Petersen, Irshaad Ally Eden Classens, Irvine van der Merwe, Natasha van der Merwe, Marco Spaumer en Simone Biscombe is op 29 April 17:00 op die Artscape-verhoog vir dié spesiale geleentheid. Dié produksie geskied in samewerking The Stage Perfoming Arts Studio van Durbanville.

Nog twee prettige produksies uit die kykNET-stal wat feesgangers gaan bekoor, is Magda Louw met Desiré Gardner, gebaseer op die kanaal se gewilde komediereeks, en Hallo, is Bettie wat praat, met Dean Smith.

Feesgangers kan op 28 April 12:30 en 29 April 15:30 kom kyk wat die tante alles kwytraak as die mikrofoon in haar hand gedruk word.

Dean Smith, Suidooster se geliefde Wade, is op 29 April 18:30 te sien in Hallo, is Bettie wat praat. In dié komedie is Dean in die skoene van die skreeusnaakse Aunt Bettie wat beroemd en berug geraak het op sosiale media.

Deel van die fees, van 26 April tot 1 Mei by Artscape, se verjaarsdagvieringe is ’n spesiale Suidooster-pakket aan besoekers, wat toegang tot al drie hierdie vertonings teen die weggeeprys van R300 bied. Mense wat van dié spesiale aanbod gebruik wil maak, kan vir Miandra Hayward e-pos: Miandra.Hayward@media24.com.

Vir die volledige program, besoek www.suidoosterfees.co.za.

Kaartjies is by Computicket.

Die Suidoosterfees word ondersteun deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; Stad Kaapstad; Media24; Die Burger; NATi; kykNET; die ATKV en Artscape.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top