Persverklaring: Reünie met Frank Opperman en geskryf deur Dana Snyman | Die Boer-teater in Durbanville, 10–14 April 2024

  • 1

Reünie met Frank Opperman
Geskryf deur Dana Snyman
Regie deur De Klerk Oelofse
Produksiebestuur deur Marie Vogts

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Dana Snyman en Frank Opperman snoer weerkragte saam – verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.

Die Boer-teater, Durbanville | Besprekings en meer inligting: info@marievogts.com / 0719652870

  • 1

Kommentaar

  • Ek het dit onlangs in Pretoria gesien. Moet dit nie mis nie! Dana en Frank kan maar voortdurend kragte saamspan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top