
Pianis Daniel Brodie wat die solis gaan fees tydens die klavierconcerto wat by Hessequa Harmonie aangebied gaan word.
Die program vir die vyfde Hessequa Harmonie wat in September plaasvind, is Woensdag, 10 Augustus, tydens ’n intieme geselligheid vir borge, kunstenaars en feesvriende in Stellenbosch bekendgestel.

Carla Smit en Nina Schumann wat te sien gaan wees in die nuwe drama CLARA.
Gaste het ’n voorsmakie gekry van ’n paar van die uitmuntende kunstenaars wat vanjaar in Heidelberg in die Suid-Kaap gaan optree.

Sopraan Janel Speelman sing vir gaste tydens die geselligheid wat in Stellenbosch gehou is.
Cornelia Faasen, die hoof- uitvoerende beampte van die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), het tydens die geselligheid na Hassequa Harmonie verwys as ’n "klein fees met ’n groot hart". Sy het feesbestuurder Niël Rademan geprys vir die deursettingsvermoë waarmee hy aangehou het om ’n verhoog vir kunstenaars te skep terwyl die uitvoerende kunste ’n geweldige knou gekry het weens Covid en die inperkings.

Niël Rademan, uitvoerende hoof van Hessequa Harmonie, spreek gaste toe by die programbekendstellingsfunksie.
Dis vanjaar die vyfde agtereenvolgende jaar dat Hessequa Harmonie aangebied word en daar is sowat 20 aanbiedinge op die program. Besoek hessequaharmonie.co.za vir die volle program. Kaartjies kan aanlyn bespreek word by Plankton.mobi.


Kommentaar
Uitstekende program.
Sien uit daarna.