

Aardklop Aubade in samewerking met
Afrikaanse Hoër Seunskool
bied aan
PHANTOM OF THE OPERA
met Zorada Temmingh
Zorada Temmingh is bekend as een van Suid-Afrika se voorste orrel-improvisators. Sy was die eerste Suid-Afrikaner wat ’n klankbaan op orrel geimproviseer het terwyl die gehoor na ’n stomfilm uit die 1920’s kyk. Die film was The Hunchback of Notre Dame, waarvoor sy in 2006 ’n spesiale KKNK Kanna ontvang het vir haar grensverskuiwende bydrae tot klassieke musiek.
Die oorspronklike The Phantom of the Opera uit 1925, een van die onbetwiste meesterstukke uit die stomfilm-era, is ’n pakkende riller met die bekende Lon Chaney (ook Quasimodo in Hunchback) as die misvormde Erik, die Phantom. Die Phantom hou sy geliefde sangeres gevange onder die Paryse Operahuis, met tragiese gevolge.
Die feit dat die Phantom in die film orrel speel, en dit afspeel in ’n operahuis, maak ’n orrelklankbaan gebaseer op operamusiek besonder treffend. Terwyl die gehoor na die film kyk, improviseer Zorada op ’n verskeidenheid bekende 19de-eeuse operamusiek (arias en kore, wat ’n intertekstualiteit tussen die oorspronklike aria en die huidige situasie in die film teweegbring). Die spesifieke arias en ballette uit Gounod se Faust word gebruik wanneer hulle in die film voorkom. Ander komponiste sluit in Wagner en Verdi, Saint-Saëns en Offenbach, Puccini en Bellini, en Donizetti. Sommige van die musiek is Zorada se eie, soos die Phantom Tema met sy verrassend statiese akkoorde saam met virtuose lopies op die pedale.
Zorada se inkleding is oorspronklik, waaghalsig, aangrypend – ver verby gewone kerkorrelmusiek.
Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
Datum: Sondag, 6 Augustus 2023
Tyd: 11:00
Tydsduur: 75 minute
Pryse: R190, R150 (pensioenarisse) en R100 (leerlinge)
Kaartjies: www.ticketpros.co.za
Konsertgangers kan ook voor of na die konsert versnaperinge by die skool se 1920-restaurant geniet.
Aardklop Aubade is reeds gevestig as 'n tuiste vir die bevordering van Suid-Afrikaanse klassieke musiek. Ons skep met trots 'n platform vir musici om voor gehore in die Jakarandastad op te tree.
Momentum Beleggings Aardklop is vanjaar vanaf 3 tot 8 Oktober in Potchefstroom.
Besoek ons webblad vir die volledige feesprogram: www.aardklop.co.za
Aardklop Nasionale Kunstefees:
Facebook: Aardklop Nasionale Kunstefees: @aardklop
Twitter: Aardklop Kunstefees: @Aardklopfees
Instagram: aardklopkunstefees
Navrae: 087 527 0023 of navrae@aardklop.co.za

