Persverklaring oor Wesens: ’n eerste vir Afrikaanse filmteater

  • 0

Wesens is die eerste van sy soort Afrikaanse "found footage"-film wat op 23 Oktober 2020 landswyd in filmteaters begin draai.

Die film volg vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensie-diens Agente wat met ’n Super 8- en 16mm-kamera 'n vreemde voorwerp ondersoek wat op 3 Desember 1967 op 'n boer se plaas in die Karoo geland het. Wat volg is raaisel wat jou sal boei tot op die laaste oomblik.

Die rolverdeling van die film sluit bekroonde Suid-Afrikaanse akteurs in, soos Albert Maritz (Griekwastad, Fynskrif, Trackers), Pietie Beyers (Binnelanders, Vergeet My Nie) en Morné Visser (The Kissing Booth, The Harvester, Dis ek, Anna).

Hiermee die lokprent vir Wesens:

Besoek www.wesens.co.za vir nadere besonderhede oor die film.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top