
Die Klinkklaar Vokale Ensemble vier nege vrouedigters op Woensdag 9 Augustus 2023 om 10:30 by NALN. Toonsettings deur Joanita Erasmus-Alt met voorlesings en gesprek deur Karen de Wet vier die poësie van Sheila Cussons, Joan Hambidge, Ingrid Jonker, Antjie Krog, Bibi Slippers, Elisabeth Eybers, Heilna du Plooy, Petra Müller en Wilma Stockenström.
Die Klinkklaar Vokale Ensemble, wat in 2020 gestig is, lê hul deur hul sang toe op die bevordering van Afrikaanse poësie.
Toegang is gratis met vrywillige donasies ten bate van Klinkklaar. Die konsert word deur die Kunstetrust geborg en vind onder beskerming van die Vriende van NALN-vereniging plaas. Verversings word aangebied.
Vir meer inligting, kontak Joanita Erasmus-Alt: joanitaerasmusalt@gmail.com of 082 886 1888.

