
Penguin Random House en LAPA se harte is vol liefde oor al die titels wat hierdie maand van die liefde verskyn – ons “lief” eenvoudig al hierdie boeke. Ons hoop julle geniet dit ook!
Ben gaan skool toe is die nuutste boek wat onder ons Luca-druknaam uitgegee word. Arme Ben hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie! Hoe nou gemaak? Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar 17 jaar in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders. Die boek is vir almal met kleintjies wat nou en dan skoolsiek raak!
Die wondertweeling van kinderboeke is terug! Philip de Vos en Piet Grobler span vir die dertiende keer saam met Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes, en die eindproduk is soos gewoonlik fantasties! Daar is dinge wat jou sal laat lag en dinge wat jou sal laat dink (soos spinnekoppies met piepklein hartekloppies, vissies in blikkies en duisendpote met liddorings) en ’n horde ander vrolike versies. As jy 9 jaar oud is, of sommer héélwat ouer, sal jy die boek geniet.

Elizabeth Wasserman is die kreatiewe brein agter die Betsie Vos-skuilnaam en haar nuwe boeke, Kattemaai: Die bure se nuwe dogter en Kattemaai: Annabel gaan skool toe, is nou op die rak. Daar is ’n nuwe meisie op skool, maar iets is nie heeltemal pluis nie. Maar gaan lees self, ons wil nie die kat uit die sak laat nie! Hierdie boeke is perfek vir lesertjies van 7 jaar en ouer.
Roosville Raaisels: Die Vlinderdief, die eerste titel in ’n nuwe reeks, is ’n prettige en avontuurlustige speurverhaal vir jong lesers. Dis geskryf deur Marita van Aswegen en pragtig geïllustreer deur Cheslea Taylor. Hierdie boek is geskik vir 9-plussers en temas soos eensaamheid, boeliegedrag en vriendskap word aangespreek. Die reeks bevat soortgelyke temas aan die Sanri Steyn-speurreeks, sowel as die omgewingsbewuste Lea Lief-reeks.
Die wag is verby en die laaste boek in die Z-A-K-reeks, Die geheime van Zenkion, is uiteindelik beskikbaar. Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie? Beleef die laaste avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe al die stukkies van die legkaart inmekaarpas. As jou kind Fanie Viljoen se Nova-reeks geniet het, is hierdie die perfekte boeke om aan te skaf! Hierdie die boek deur Theresa van Baalen is ideaal vir lesers van 11 jaar en ouer.

This series gently teaches children different ways that they can take responsibility for their money. Each book follows a playful, interactive narrative that simplifies financial concepts for little readers. Delightful illustrations coupled with gentle humour and loveable characters makes learning about money fun! Children will begin to learn basic counting from the ages of three and four, making this the perfect opportunity to introduce the concept of money.
Peppa and her friends are learning the importance of kindness.
It’s Well-Being Week at playgroup and the children are talking about their feelings, and how they know when their friends are happy and sad. Peppa comes up with a brilliant idea to spread kindness everywhere!
Did you realize how much maths you are already using when playing computer games, planning a journey, or baking a cake? This book shows how to expand the knowledge you’ve already got, how your brain works things out, and how you can get even better at all sorts of maths. Explore amazing algebra, puzzling primes, super sequences, and special shapes. Challenge yourself with quizzes to answer, puzzles to solve, codes to crack, and geometrical illusions to inspire you!
Dark magic, mythical beasts, undying assassins, and forbidden love—this thrilling final installment in the epic Beast Charmer series is perfect for fans of Jennifer Armentrout, Sarah J Maas and Claire Legrand. When Leena Edenfrell swore herself to the Frozen Prince, Noc Feyreigner, she never dreamed she’d ignite the flames of war. And yet as their enemies combine forces against them, Leena and Noc have no choice but to gather their allies and fight.
Halley’s Comet is a story of friendship, love, change, taking chances, hope, a comet, and some pretty cool 80s music. Pete de Lange must survive as a teenager in a small Natal town during the 1980s, together with his new-found friends, Sarita and Petrus. In a country marked by turmoil and racial conflict, this is not as easy as it seems. Pete and his friends witnessed a horrendous crime, and the perpetrator is on their case. Will justice prevail? In between all of this, Pete must try to make the first rugby team and win the heart of his high-school crush, Renate.

