Persverklaring: Klassiek Boer | 7 en 8 Junie 2024 by Die Boer

  • 0

Corneil Muller (tjello), Zanne Stapelberg (soprano), Elna van der Merwe (klavier), Niël Rademan (bariton). Foto’s: verskaf

7 Junie: A night at the musical

Kaartjies: R250 | Die Boer

Niël Rademan (bariton), Zanne Stapelberg (sopraan) en Elna van der Merwe (klavier)

Hierdie program bestaan uit geliefde liedere uit die wȇreld van die musiekblyspel. Verwag musiek uit Les misérables, Chess, Phantom of the opera, Fiddler on the roof, Sound of music en West Side story. Hierdie top musici blaas nuwe energie in die immergroen musical-treffers. Die meesterlike pianis Elna van der Merwe begelei die sangers.

8 Junie: Opera en die silwerdoek

Kaartjies: R250 | Die Boer

Met Zanne Stapelberg (sopraan), Niël Rademan (bariton), Corneil Muller (tjello), Elna van der Merwe (klavier).

Hierdie program bestaan uit geliefde liedere uit die filmwȇreld (soos vertolk op tjello en klavier) saam met die twee geliefde sangers Zanne en Niël met klasieke musiek wat ook in films gebruik is. Verwag musiek van Mozart, Puccini, 'n tikkie barok en ook die temalied van onder andere The mission en The deer hunter. Hulle word begelei deur die super pianis Elna van der Merwe.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top