
Hierdie geleentheid word aangebied deur Eseltjiesrus Donkey Sanctuary. (Foto: verskaf)
Op Sondag 14 September sal die bekende Kaapstadse Filharmoniese Orkes weer die verhoog betree by die Oos-Kerk in Van Zylstraat in Robertson. Hierdie geliefde orkes, wat uit 55 talentvolle professionele musikante bestaan, sal almal vermaak met ’n boeiende verskeidenheid gewilde klassieke stukke:“Musiek vir almal”.
Hierdie geleentheid, aangebied deur Eseltjiesrus Donkey Sanctuary, beklemtoon die mag van musiek om mense bymekaar te bring tydens die uitdagende tye wat almal in die gesig staar.
Na die sukses van die orkes se vorige besoek in 2023, gaan kaartjies beslis skaars wees en daarom u aangeraai om vroegtydig te bespreek. Vanaf Junie sal kaartjies beskikbaar wees by die Toerismekantore in Montagu, Robertson en McGregor, sowel as by Eseltjiesrus Donkey Sanctuary net buite McGregor. In Worcester, is kaartjies te kry by Gerhard de Wet se veearts spreekkamers te Durbanstraat 51. ’n Verdere opsie vir kaartjie-aankope is aanlyn by adopt@donkeysanctuary.co.za

Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (foto: verskaf)
Versprei die vreugde deur kaartjies te borg:
Om te verseker dat meer mense die geleentheid kry om hierdie merkwaardige konsert te geniet, is ’n geborgde kaartjieskema ingestel. Hierdie inisiatief sal kaartjies verskaf aan weeshuise, ouetehuise, plaaslike orkeste, kore en musiekstudente.Enige bydraes tot geborgde kaartjies sal hoog waardeer word en sal ’n beduidende verskil maak vir baie mense wat andersins die konsert sou moes misloop.
Dis maklik om kaartjies te koop of ’n bydrae te maak vir geborgde kaartjies via e-pos by adopt@donkeysanctuary.co.za. Kaartjies is beskikbaar vir slegs R180 vir volwassenes en R90 vir studente – werklik ’n billike prys vir ’n onvergeetlike ervaring.
Geniet “Musiek vir almal” en help om ’n positiewe impak te maak! Alle opbrengste sal die kritiese en noodsaaklike donkiewelsynswerk van die Eseltjiesrus Donkey Sanctuary by McGregor ondersteun.
Besoekers is welkom vanaf Donderdae tot Sondae tussen 10h00 en 16h00.
Kontak: info@donkeysanctuary.co.za
Webblad: www.donkeysanctuary.co.za
Kyk die Video van “Donkiehemel”, ’n liedjie wat David Kramer vir Eseltjiesrus geskryf en uitgereik het in 2022:

