Persverklaring: Hulde aan helde-reeks by NALN (2–4 Julie 2024 | 18:00), deel van die Vrystaat Literatuurfees

  • 0
Hulde aan helde-reeks by NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, Bloemfontein)

2–4 Julie 2024 | 18:00

Vrystaat Literatuurfees, deel van die Vrystaat Kunstefees (2–6 Julie 2024)
TT Cloete

TT Cloete, oorlede in 2015, sou op 31 Mei vanjaar ’n eeu oud gewees het. In 1983 moet hy, as gevolg van sy verswakte gestel, aftree as hoogleraar. Drie jaar tevore het hy egter met Angelliera as digter gedebuteer – en sou nog nege digbundels, asook ’n dramawerk en kortverhaalbundel die lig laat sien.

Met: Bernard Odendaal, Leana Lategan 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, Bloemfontein)
Tyd: 2 Jul 18:00

Koop kaartjies
PG du Plessis

PG du Plessis sou vanjaar 90 geword het. As skrywer van vyf gepubliseerde en herhaaldelik bekroonde toneelstukke – waaronder met die Hertzogprys vir Drama – trek hy besondere letterkundige aandag. Dié werke is byna deurgaans verwerk vir radio, film en televisie, en vertaal in Engels. Verskeie ongepubliseerde verhoogwerke uit sy pen is voorts suksesvol opgevoer.

Met: Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld, Nico Luwes 
Taal: Afrikaans  
Tydsduur: 60 min 
Prys: R40 
Plek: NALN 
Tyd: 3 Jul 18:00 

Koop kaartjies
Etienne van Heerden

Etienne van Heerden word vanjaar 70. As stigterredakteur vestig hy die multitalige kulturele webruimte LitNet, vanjaar ’n kwarteeu oud. Naas rubrieke, akademiese artikels, literatuurkritiek en joernalistieke vryskutwerk, sien ’n wye verskeidenheid kreatiewe skryfwerk van hom die lig: tot dusver veertien romans, drie kortprosabundels, drie solo- of groepsdigbundels en ’n kabaretteks.

Met: Etienne van Heerden, Hennie van Coller
Taal: Afrikaans 
Tydsduur: 60 min
Prys: R40
Plek: NALN
Tyd: 4 Jul 18:00

Koop kaartjies
Koop ’n weekkaartjie hier.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top