Die Adam Small-fees van 2024 vind van 23 tot 25 Februarie plaas te Pniel, met ’n skoleprogram wat begin op 22 Februarie.
Hier is die volledige program en meer inligting oor aspekte van die program.

Die Vriende van Afrikaans (VVA) bied op 22 Februarie ’n VVA-leeskonferensie aan. Dit word ondersteun deur die ATKV en LAPA Uitgewers.

Die VVA se Ommietafelgesprek vind op 23 Februarie plaas. Chareldine van der Merwe lei die gesprek met Diana Ferrus, Anzil Kulsen en André Hendricks.

Die Adam Small-fees se skoleprogram vind plaas op 23 Februarie. Dit word ondersteun deur die VVA en die ATKV.

Die ATKV-Suidoosterfees-koorwerkswinkels 2024 vind op 24 Februarie plaas.

Hein Willemse lewer op 24 Februarie die Adam Small-gedenklesing en Nico Koopman preek op Sondag 25 Februarie.

Hein Willemse se tema vir Adam Small-gedenklesing is “Adam Small en Afrikaans vandaf.” Die lesing word ondersteun deur die Stigting vir die Bemagtiging van Afrikaans.

ATKV-Crescendo is vanjaar 50 jaar oud en op 24 Februarie 2024 bring ATKV-Crescendo hulde aan die ontslape digter Adam Small.
Die vertoning, die eerste van ATKV-Crescendo se Platformsessies vir 2024, heet Klawerjas. Dit is, aldus Robin-Dean Fourie die kreatiewe regisseur van ATKV-Crescendo-produksies, ’n “musikale blyspel wat ons beskut teen die kunsloosheid van die wêreld.”
Sarah Theron, Whaden Johannes, Selby Williams en Gaywin Abrahams sal begelei word deur die Crescendo-orkes onder leiding van William Jacobs.


Kommentaar
Wonderlik! Baie dankie.