Persverklaring: “Goddank vir klank” saam met Innibos by RSG-radiodramaslypskool

  • 0

Indien jy nog altyd ’n radiodrama wou skryf of dalk drama as “klank in die klaskamer” inspan, is die slypskool deur Kobus Burger, waarnemende programbestuurder van RSG, net die plek waar jy meer daarvan te wete kan kom.

Dit is die eerste keer wat hierdie slypskool in die Laeveld aangebied word. Dit is op Donderdag en Vrydag, 18 & 19 Augustus, op Kaapsche Hoop en word moontlik gemaak deur die ondersteuning van NATi (Nasionale Afrikaanse Toneel-inisiatief).

Kobus gaan kursusgangers onder meer leer oor hoe ’n klankdrama geskryf word, wat ’n suksesvolle storiestruktuur behels, watter tegnieke ingespan kan word om ’n luisteraar te boei en hoe byklanke en perpsektief benut kan word.

Leer ook sommer meer oor die storievertelkuns en waarom dit nie net terapie is vir die luisteraar nie, maar ook vir die verteller. Lenora Zietsman is ’n plaaslike meester-storieverteller en sal die slypskool Vrydagmiddag afsluit.

Koste: R1 000-00 (per persoon, albei dae, sluit ligte etes in). Akkommodasie op Kaapsche Hoop is vir elke deelnemer se eie rekening. Daar is verskeie gastehuise en selfsorggeriewe beskikbaar op Kaapsche Hoop.

Stuur e-pos na annemarie@innibos.co.za om te bespreek.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top