Persverklaring | Endler-konsertreeks bied aan: Amici String Quartet met Shane Woodborne

  • 0

Die Amici String Quartet (Foto: verskaf)

Endler-konsertreeks bied aan: Amici String Quartet met Shane Woodborne

Vrydag 19 April 19:00 | Endlersaal, Stellenbosch

Die Amici-strykkwartet bestaan uit vier van Suid-Afrika se mees gerespekteerde kamermusikante – Suzanne en Philip Martens (viole), Karin Gaertner (altviool) en Peter Martens (tjello). Die Internasionaal bekroonde Suid-Afrikaans gebore komponis, Shane Woodborne, is ook ’n tjellis in die Salzburg Camerata waar hy ook voorheen hul hoofbestuurder was.

Op Vrydag 19 April gee die Amici-strykkwartet die Suid-Afrikaanse première van Woodborne se derde strykkwartet en na die pouse sluit hy hom by die kwartet aan as tweede tjellis in Schubert se groot Strykkwintet in C majeur D956. Dit is ’n werk van verhewe skoonheid en word beskou as een van die grootste, indien nie die grootste, stuk kamermusiek wat ooit geskryf is nie.

Shane Woodborne (Foto: verskaf)

Die Suid-Afrikaans gebore Shane Woodborne, het sedert sy studentejare by die Mozarteum in Salzburg, Oostenryk sy tuiste gemaak. Hy is ’n tjellis in die gesogte Salzburg Camerata al sedert 1992. As ’n komponis het hy opdragwerke geskep vir onder meer die Beethoven Society in Bremen, die Zeitfluss-fees in Salzburg, Jeunesse en die Lindesnes Kamermusiekfees in Noorweë. Dit sluit werke vir koor en orkes asook liedsiklusse, solowerke en kamermusiek in.

Die Amici-strykkwartet bestaan uit vier van Suid-Afrika se bekendste kamermusikante: Suzanne en Philip Martens – viole, Karin Gaertner – altviool en Peter Martens – tjello.

Peter Martens sê “Dit is ’n groot eer om die wêreldpremière van Woodbourne se derde strykkwartet te ontvang. Shane Woodborne is nie net ’n baie interessante komponis met internasionale aansien nie, maar ook ’n goeie tjellis.”

Benewens hierdie wêreldpremière deur Shane Woodborne, sal die Amici-strykkwartet en Woodborne Schubert se ikoniese meesterstuk, Schubert se kwintet in C majeur vir strykkwartet en ’n tweede tjello, een van die grootste juwele in die kamermusiek-oeuvre, uitvoer.

Die konsert vind plaas in die uitstekende akoestiek van die Endlersaal in Stellenbosch op Vrydag 19 April 2024 as deel van die 2024 Endler Prestige Konsertreeks Seisoen 1. Bespreek by Webtickets.

Kaartjies beskikbaar op Webtickets: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1543880589

Kaartjies: R165 (algemeen) / R125 (pensionaris) / R60 (student)

Kontak: concerts@sun.ac.za
Tel: 021 808 2358

Web: www.endler.sun.ac.za
Instagram: www.instagram.com/sukonservatorium
Facebook: www.facebook.com/Stellenbosch.Konservatorium

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top