
Plakkaat: verskaf
Wat: Ek, Ouer
Wanneer: 16–18 April 2026 om 19:00
Waar: Cape Town | Boston | Collective Arts Theatre
Koste: R185 ’n kaartjie, R155 vir studente en pensionarisse
Kaartjies by Quicket – https://www.quicket.co.za/events/361896-ek-ouer/#/
@MotorhuisProductions
Mev Dominee word onverwags enkelma van hulle kletsende kleuter en al sy kwale. Kom luister hoe Roné (Willa Van Schalkwyk) ouer alleen die Durbanville mamma-subkultuur trotseer. Met die nuuskierigheid van ’n antropoloog bestudeer Roné die wêreld van Mom-fluencers, Coco Pops en Collagen Lollies. In hierdie eerlike, skerp en snaakse eenvrouvertoning belei Roné die taai realiteite van moderne moederskap. Want as die man weg is, wie leer die seuntjie om nie op die toilet seat te piepie nie?
“Die toneelstuk het uit baie gesprekke met ma’s ontstaan. Die idee van vroulikheid en moederskap is baie kompleks in ons moderne samelewing, met moeders, veral enkelma’s, wat dikwels die broek moet dra in moderne huishoudings. Volgens Statistiek Suid-Afrika word meer as twee-vyfdes (42,4%) van huishoudings in Suid-Afrika in 2024 deur vroue gelei.” – Regisseur, Jeani Heyns (Motorhuis Productions)
Ek, Ouer is eerlik snaaks, met sketse en karakters wat uiters herkenbaar is. Elke dag van ma-wees is uitputtend. Dis amper belaglik genoeg dat al wat mens kan doen, is om met ’n traan in die oog vir jouself te lag. Ons doel is dat die gehoor hulself in Roné se verlies en ervaring sal kan herken. Die spel word gekarakteriseer met skets-tipe toneelspel, met die aktrise (Willa Van Schalkwyk) wat van karakter tot karakter spring om die storie vanuit Roné se ietwat verdraaide oogpunt te vertel. Roné, ’n sosiale antropoloog, hanteer die botsing tussen haar trauma en die wêreld deur middel van “veldnotas” — eintlik maar ’n verskansde vorm van “judging”.
Oor Motorhuis Productions
Motorhuis Productions is ’n plaaslike teater- en vermaakproduksiemaatskappy, gestig deur Noordelike Voorstede-gebaseerde teatermaker Jeani Heyns. Vir meer inligting oor die produksiemaatskappy of vir collaborations, e-pos Jeani by motorhuisproductions@gmail.com. Die produksiehuis se doel is om produksies te skep wat inspireer en ophef, terwyl die liefde van God deur hul kuns gedeel word.
Oor Collective Arts Theatre
Collective Arts Theatre is a community theatre based in Boston, Cape Town, South Africa, that was established in 2015 by Gavin Wright. It was created out of a deep passion for live performance and storytelling through acting, singing, and dancing.
Oor Willa Van Schalkwyk
Willa van Schalkwyk is ’n passievolle kunstenaar en self ook ‘n mamma van vier, gebaseer in Boston. Sy is ’n visuele kunstenaar wie se werk by feeste soos die Boston Arts Festival te sien is. In 2023 het sy haar “Lost Series” by Open Boston Studios uitgestal, en in 2024 voeg sy haar “Ballerina Series” by – geïnspireer deur haar liefde vir dans en haar drie dogters wat ballet beoefen.
Sy het ’n dramagraad van die Universiteit Stellenbosch en werk tans as vryskut aktrise. Sy word verteenwoordig deur agent Charlene Wolmarans. Willa het haar kreatiewe wortels in CKruis Kunste Bediening. Sy werk as stemkunstenaar in die Noordelike Voorstede en is deel van Collective Arts Theatre.

