Persverklaring: Eerste lokprent vir Kaapse Vlakte neo-noir moordraaisel Skemerdans, die jongste Showmax Original

  • 0

Sanda Shandu in Skemerdans (Foto: Zaheer Banderker)

Showmax het pas ’n stylvolle eerste lokprent vrygestel vir Skemerdans, die volgende Showmax Original, wat vanaf 28 April 2021 beskikbaar sal wees vir jou kykplesier.

Skemerdans is ’n Kaapse Vlakte neo-noir moordraaisel wat afspeel by die Oasis jazz-klub, die middelpunt van ’n magstryd tussen twee broers, ’n woedende weduwee en ’n georganiseerde misdaad-sindikaat.

Dis grootliks verfilm by die ikoniese Club Galaxy gedurende die inperking in Oktober 2020. Die 13-episode halfuur-reeks gaan oor die Fortune-familie, vertolk deur die SAFTA-wenners Kevin Smith (IsidingoArendsvlei), Ilse Klink (StroomopIsidingo), Brendon Daniels (Four CornersSara se geheimArendsvlei);  SAFTA-benoemde Vinette Ebrahim (7de Laan, Binnelanders); Carmen Maarman (ArendsvleiLui maar op, Belinda); opkomende ster Trudy van Rooy (Die bylSara se geheim); en Ceagan Arendse (Suidooster, Arendsvlei), wat in Februarie 2021 tragies gesterf het.

Kyk in die lokprent uit vir verskynings deur mense soos die Fleur du Cap-wenners Sanda Shandu (The Kissing Booth 1 en 2) en Mbulelo Grootboom (Sara se geheim, Projek Dina); Comics’ Choice-benoemde Carl Weber; Kim Syster (BinnelandersSuidooster); Bongo Mbutuma (Die SpreeusErfsondes); en Danny Ross (Nommer 37ArendsvleiSuidooster).

Die 2019- Standard Bank Jong Kunstenaar Amy Jephta (regisseur van die komende vollengte rolprent Barakat en skrywer van Die storie van Ellen Pakkies en Trackers) is die uitvoerende vervaardiger en reekshoof, asook mede-regisseur saam met Ephraim Gordon (vervaardiger van die komende vollengte rolprent Barakat en regisseur van Sara se geheim en Suidooster). 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top