
Foto: Carmen Reynolds Photography
Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees vind van 5 tot 14 Julie in die Konservatorium van die Universiteit Stellenbosch plaas.
Die gewilde aandkonserte kan in die Endlersaal bygewoon word. Buitendien sal die nagenoeg 300 deelnemende studente elke dag om 13:00 en 17:00 in die Fismersaal in ’n groot verskeidenheid kamermusiekensembles te hore wees.
Terwyl die Stellenbosch Kamermusiekfees se gewilde aandkonserte die meeste openbare aandag trek, is dit eintlik die ander deel van die daaglikse program wat die missie en visie van die fees op sy beste verteenwoordig. Per slot van sake is die SKMF ’n projek van die Departement Musiek in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe van die Universiteit Stellenbosch.
Wanneer dit by kamermusiek kom neem musici altyd op gelyke voet deel aan die proses van musiekmaak. In die geval van ’n ensemble van vyf studente – bestaande uit twee violiste van Stellenbosch en Duitsland, ’n altviolis van Soweto, ’n tjellis van Durban en ’n kontrabasspeler van Bochabelo – wat oor ’n tydperk van tien dae en onder toesig van internasionale afrigters ten nouste in ’n kwintet saamwerk, dien die musiek op ideale wyse daartoe om integrasie, sosiale samehorighied en gemeenskapsontwikkeling te bewerkstellig.
Die deelnemers in vanjaar se SKMF word in ongeveer 90 studente-ensembles ingedeel. Dit sluit in pianiste, saxofoonspelers en al die instrumente van die orkes. Die klavierstudente ondergaan afrigting in duetspel terwyl die ander deelnemers soggens by repetisies in ’n volledige simfonieorkes betrek word.
Na middagete is die volledige program van aktiwiteite oop vir bywoning deur die publiek. Optredes deur die onderskeie studente-ensembles kan daagliks om 13:00 en 17:00 gehoor word terwyl openbare meesterklasee om 15:00 plaasvind. Die gewilde lesingreeks “In gesprek met ...“ vind daagliks om 19:00 plaas, direk voor die aandkonsert om 20:00. ’n “Jam“-sessie vir studentekomponiste word vir die eerste keer na die aandkonsert op 10 Julie aangebied. Die volledige program van studentekonserte, meesterklasse en lesings is hier beskikbaar.
Hierdie aanbiedinge vind in die Jannasch- en Fismersale plaas en kan gratis deur feeskaartjiehouers bygewoon word. Vir dagbesoekers is toegangskaartjies teen R30 by die deure beskikbaar. Kaartjies vir die aandkonserte in die Endlersaal kan vooraf by Webtickets bespreek word.
Verdere inligting is by die Feesdirekteur by martensp@sun.ac.za op op webtuiste https://www.sicmf.co.za/ verkrygbaar.
English:
The Stellenbosch international Chamber Music Festival 2024 will run from 5 to 14 July at the Department of Music - Konservatoium building – at Stellenbosch University.

Foto: Carmen Reynolds Photography
Whilst the coveted evening concerts of the SICMF attract the lion’s share of public attention, it is the rest of the daily programme that really speaks to the mission and vision of the festival. The SICMF is after all, a project of the Department of Music in the Faculty of Arts and Social Sciences at Stellenbosch University.
Chamber music is the great equalizer, and when a student string quintet comprises for example violinists from Stellenbosch and Germany, a violist from Soweto, a cellist from Durban and a double bass player from Bochabelo, those five students work together closely as equals in an intense programme with international coaches for a period of 10 days, using music as a vehicle for racial integration, social cohesion and ultimately, community development.
The SICMF has constituted around 90 such student ensembles this year including pianists, saxophonists and all the instruments of the orchestra. The piano students engage in piano duet coaching whilst the others participate in full symphony orchestra rehearsals in the mornings.
After lunch, the full programme of chamber music activities is open to the public with one hour student ensemble concerts taking place every day at 13:00 and 17:00, public master classes taking center stage at 15:00 and the vibrant and interactive “in Conversation with” lecture series at 19:00 just prior to the evening concert at 20:00. This year the SICMF will also be hosting free student composers jam session after the 20:00 concert on 10 July. The full programme of student concerts, master classes and lectures is available here.
The student concerts, master classes and lectures take place in the Fismer and Janasch halls and are free of charge for Festival Pass holders. For daily patrons, tickets for R30 per session are available at the door only. Tickets for the evening concerts in the Endler Hall are available from Webtickets.
Further enquiries can be addressed to the Festival Director at martensp@sun.ac.za
Comprehensive info on the website: https://www.sicmf.co.za/


