Persverklaring: Alex van Houwelingen is oorlede

  • 0

Alex van Houwelingen (foto: Izak de Vries)

Die bekroonde illustreerder Alex van Houwelingen is vanoggend vroeg oorlede. Hy het reeds lank teen kanker gestry.

Van Houwelingen is veral bekend vir sy puik kinderboekillustrasies, maar hy was ’n kommunikasiespesialis wat prente gebruik het om moeilike konsepte op ’n maklike manier aan die breë publiek te verduidelik.

Jaco Jacobs se baie gewilde Zackie Mostert, sy beste vriend, Vincent, en sy hond, Frankenstein, het ’n gesig en lyf gekry vir derduisende kinders weens Alex van Houwelingen se illustrasies. In 2019 is Van Houwelingen bekroon met ’n ATKV-Woordveertjie vir sy werk aan Jaco Jacobs se Spaghetti tussen jou tone.

Meer onlangs is Lori-Ann Preston se Thabo the space dude ook deur hom geïllustreer.

Van Houwelingen is gediagnoseer met ’n raar vorm van kanker wat sy kakebeen aangetas het. Hy word oorleef deur sy vrou en twee kinders.

Om meer van sy werk te wete te kom, besoek gerus sy webwerf: http://alexvanhouwelingen.co.za/.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top