
Vervaardigers: Gita Fourie en Jean du Plessis
Geselskap: Mia van der Merwe, Graeme Watson, Gita Fourie, Minke Marais, Jean du Plessis, Nichola Viviers, Damian de Villiers en Trompie Booysen.
Komedie/klug
Sinopsis: Die Van der Merwes lyk soos ’n doodnormale middeljarige paartjie, daar is net een kinkel in die kabel … Johan van der Merwe is ’n reeksmoordenaar.
Elsa en Johan word onkant gevang wanneer hul dogter haar nuwe kêrel, Hugo, onverwags een Sondagmiddag by die huis aanbring en een van Johan se slagoffers ontsnap. Hugo besef vinnig als is nie pluis by sy aanstaande skoonouers nie.
Afval by die KKNK 2023
Plek: Wesbank-teater, Oudtshoorn
Datum en tyd: 5 April @13:00, 6 April @16:00 , 7 April @19:00 en 8 April @16:00
Tydsduur: 55 minute
Kaartjies beskikbaar op Webtickets vanaf R130
Geen 0/16 T, N
Afval by Suidoosterfees 2023
Plek: Die NATi Arena (Artscape) in Kaapstad
Datum en tyd: 28 April @18:00 en 29 April @10:00
Tydsduur: 55 minute
Kaartjies beskikbaar op Computicket teen R125
Geen 0/16 T, N

