PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2020: Notule

  • 0

Woensdag 21 Oktober 2020 om 18:00
Aanlyn via Zoom

Verwelkoming

Marga Stoffer verwelkom almal by die agste AJV van PEN Afrikaans – en die eerste wat virtueel plaasvind. 

Verskonings en vasstelling van ’n kworum

Teenwoordig: Bernard Odendaal, Carolyn Meads, Catrina Wessels, Colette Combrink, Conrad Steenkamp, Danie Marais, Eloise Wessels, Engela Duvenage, Fiona van Kerwel, Jolyn Phillips, Izak de Vries, Mandie Ehlers, Marga Stoffer, Naomi Bruwer, Sarie Nell.

Volgens PEN Afrikaans se grondwet word ’n kworum bereik deur die teenwoordigheid van 40% van die stemgeregtigde lede óf 30 sulke lede (fisies of via volmag), watter een die kleinste sou wees.

PEN Afrikaans het tans 66 opbetaalde lede en ’n kworum is dus 26 lede.

Daar is 15 teenwoordiges en ons het volmagte van 13 lede ontvang. Daar is dus ’n kworum by die vergadering verteenwoordig.

Marga lees die name uit van lede wat verskoning aangeteken en volmagte gestuur het: Azille Coetzee, Bernard Wessels, Beyers de Vos, Carina Stander, Charl-Pierre Naudé, Elsa Winckler, Estelle Neethling, Fanie de Villiers, Francis Galloway, Kerneels Breytenbach, Michiel Heyns, Rita Swanepoel, Wannie Carstens.

Afspraak oor lede wat volmag het om vir ander te stem

Ter bevestiging van die volmagte:

    • Marga sal namens Kerneels Breytenbach en Charl-Pierre Naudé stem
    • Bernard Odendaal sal namens Francis Galloway stem.
    • Catrina Wessels sal stem namens al die ander lede wat volmagte gestuur het.

Goedkeuring van notule vir die AJV gehou op 14 September 2019 in Wellington, en sake voortspruitend uit die notule

Die notule vir die AJV gehou op 14 September 2019 is aanlyn beskikbaar en saam met vandag se sakelys vooraf aan lede per e-pos gestuur. Daar is geen sake voortspruitend uit die notule nie. Danie stel voor dat die notule goedgekeur word. Fiona sekondeer.

Voorsittersverslag

Marga lewer haar verslag, waarin sy onder andere PEN Afrikaans se gelukwensinge oordra aan ’n lys van pryswenners in die letterkunde en joernalistiek en erkenning gee aan dié lede en skrywers wat sedert die afgelope AJV heengegaan het. Sy verwys na ’n paar sake waarop PEN Afrikaans die afgelope jaar gefokus het, teen die agtergrond van verskeie uitdagings en uitsonderlike omstandighede, en bedank die Trust vir Afrikaanse Onderwys vir die finansiële ondersteuning en die bestuur van PEN Afrikaans vir die goeie samewerking. Haar verslag is hier beskikbaar.

Tesourier se verslag

Naomi Bruwer lewer haar verslag. PEN Afrikaans is in ’n gesonde finansiële posisie. Alhoewel daar geen ongerymdhede of bevraagtekening met betrekking tot die finansies was nie, het PEN Afrikaans nie ’n ongekwalifiseerde oudit gekry nie.

Dit is standaard praktyk vir ’n ouditopinie om gekwalifiseerd te wees vir ’n nie-winsgewende organisasie omdat dat dit nie moontlik is vir die ouditeure om te bepaal of skenkings in die vorm van kontant ontvang is en nie aangeteken is nie.

Alhoewel die oudit gekwalifiseerd is, is dit dus die beste uitslag wat ’n nie-winsgewende organisasie kan kry.

Naomi meld dat enige lid op versoek toegang tot die ouditverslag kan kry en stel op rekord dat PEN Afrikaans nie sodanige kontantskenkings ontvang het nie.

Die oudit is gedoen deur LDP, Stellenbosch. Hulle was besonders deeglik en ons het ook omvattende vraelyste oor die impak van Covid-19 voltooi. LDP het aan die hand daarvan bevind dat PEN Afrikaans se werksaamhede nie direk negatief daardeur beïnvloed word nie.

Naomi stel voor dat LDP, Stellenbosch aanhou om PEN Afrikaans se oudit te behartig en die lede stem ten gunste daarvan. Danie stel dit voor en Marga ondersteun.

Bestuurder se verslag

Catrina Wessels doen verslag oor PEN Afrikaans se werksaamhede oor die afgelope jaar. Haar verslag is hier beskikbaar.

Algemeen

Ná ’n paar vrae oor die aangeleentheid, volg ’n stemming oor moontlike regsaksie teen die onregmatige verspreiding van e-boeke. Die vraag waaroor lede stem: Behoort PEN Afrikaans regsaksie teen die grootskaalse onregmatige verspreiding van Afrikaanse e-boeke te ondersteun?

Die lede stem almal daarvoor, met geen teenkanting nie.

Geen verdere punte word geopper nie.  

Marga bedank lede en belangstellendes vir hul bywoning en deelname. Die vergadering verdaag.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top