PEN Afrikaans-nuusbrief: Desember 2019

  • 0

Beste lede en ondersteuners van PEN Afrikaans  

Aansoeke ingewag vir ’n residensie in Noorweë
 
PEN Noorweë benoem jaarliks drie skrywers om deel te neem aan die Artica Svalbard-residensie en nooi vanjaar PEN-lede vanoor die wêreld om aansoek te doen daarvoor.  
 
Die uitnodiging lui:
We wish to invite PEN-members across the globe to apply for a residency, and ask you kindly to forward this invitation to your members.
 
Artica Svalbard is an Artist Residency program that allows artists to live and work in Svalbard for a period of one to three months.
 
This is a unique offer for those who wish for a writing period in Svalbard. To be able to go to Svalbard, you must want to go to Svalbard, for a particular reason. It might be that you’re working on a project that can be linked to the Arctic or the Northern areas, or perhaps because a stay could provide the necessary distance needed to shed some new light on your current project? Svalbard can inspire, but it is also a place that can be demanding to live and work from, both physically and mentally. The artists who are granted a residency must therefore really want to stay in Svalbard, for both professional and personal reasons.

Artica Svalbard provides an office/workplace in the Artica House, a small flat to stay for free, they cover travel and a scholarship to cover living expenses.
 
If you are interested in participating, send an application with information about:

  1. The project you wish to work on in Svalbard. The most important thing is to show that this project has a connection to the Northern hemisphere, or that for other reasons it is particularly beneficial to work on the project in Svalbard.
  2. Your motivation for a stay in Svalbard.
  3. Desired period of stay (stay should be a minimum of three weeks, a maximum of three months) between March and October 2020 or 2021.

Lede van PEN Afrikaans kan tot 1 Januarie 2020 aansoeke na hege@norskpen.no stuur.

Meer inligting is hier beskikbaar.
 
PEN Afrikaans Vertaalfonds: November-sperdatum
Die November-sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds het geen suksesvolle aansoeke opgelewer nie. Die beskikbare befondsing staan dus oor na volgende jaar. Die volgende sperdatum vir aansoeke is 15 Mei 2020.
 
Safe Havens-konferensie 2019
Dit was ’n plesier om namens PEN Afrikaans die Safe Havens-konferensie op 5 en 6 Desember in Kaapstad by te woon en, as deel van ’n paneel met verteenwoordigers van onder meer PEN Uganda, PEN Zimbabwe, PEN Kenia, kortliks te vertel oor PEN Afrikaans se bedrywighede.

Saam met Danson Kahyana van PEN Uganda/PEN International.

Die konferensie is bygewoon deur allerlei organisasies wat skrywers en kunstenaars ondersteun en beskerm, plaaslik en internasionaal, en veilige ruimtes skep waar nodig. Hierdie ruimtes is soms heel konkreet (die bied van veilige heenkomes deur byvoorbeeld hervestigingsprogramme en residensies) en soms minder tasbaar (die fokus is op die bevordering van vryheid van uitdrukking en die teenstaan van sensuur).
 
’n Mens kan net ’n hoed lig vir die rolspelers se onbaatsugtige werk, meestal agter die skerms, ter wille van kuns en menseregte.
 
Die wêreld van die skrywer: artikelreeks

Bekroonde skrywer Eben Venter lewer hierdie maand die artikel in ons artikelreeks genaamd “Die wêreld van die skrywer”.
 
Die vrae waaroor hy sal skryf, is:  
Hoe beïnvloed die posisie van Afrikaans die motivering van skrywers om in Afrikaans te skryf (of om ’n taal soos Engels as alternatief te kies)? Watter bydrae kan skrywers maak tot die lewenskragtigheid van Afrikaans as taal? 
 
Hou ons sosialemedia-platforms dop vir sy bydrae. Die artikel sal daar versprei word en volledigheidshalwe ook by ons volgende nuusbrief ingesluit word.
 
Maandelikse resensie-oorsig


Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in Desember 2019
Die nuusbrief sluit soos gewoonlik op ’n vreugdevolle noot: met die lys van nuwe Afrikaanse publikasies wat hierdie maand verskyn. Baie geluk aan al ons lede wat nuwe boeke op die rak het.
 
Die publikasielyste vir Desember kan hier in Excel-formaat afgelaai word.
 
Baie dankie aan ons lede en ondersteuners vir ’n vol en produktiewe jaar. Dankie vir jul bydraes tot die Afrikaanse woordkuns en vir die konstruktiewe deelname aan ons werksaamhede.
 
Namens die bestuur van PEN Afrikaans wens ek julle ’n vrolike feestyd en ’n voorspoedige 2020 toe.
 
Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top