Titel: NP Van Wyk Louw versamelde dramas
Skrywer: NP Van Wyk Louw
ISBN: 9781485312208
Uitgewer: Protea Boekhuis
Vir die eerste keer ooit word al die dramas, hoorspele en die libretto van NP Van Wyk Louw in ’n versamelbundel uitgegee, met ’n voorwoord deur prof. Chris van der Merwe.
Van der Merwe sê: “Met die herlees van die dramas, hoorspele, koorspel en libretto van N. P. van Wyk Louw het dit my opgeval hoe dikwels hulle ’n gesprek met mekaar voer. Soortgelyke temas word herhaaldelik uitgebeeld; die tekste sluit by mekaar aan, komplementeer mekaar, spreek mekaar soms teen. Dikwels kom die temas wat Louw in sy essays bespreek het of in sy poësie tot uiting gebring het, ook in die karakterisering en die intriges van die dramas na vore. Dit is opmerklik dat die denke van Louw nooit stagneer nie; steeds is daar tekens van ’n voortgaande worsteling en vernuwing. Die indiwiduele dramas, in die groter konteks van sy oeuvre gelees, laat ʼn fassinerende skrywerspersoonlikheid na vore kom.”

