Pasverskyn: Donker web deur Fanie Viljoen

  • 0

Titel: Donker web
Outeur: Fanie Viljoen
Uitgewer: Tafelberg

ISBN: 9780624090465

Greg Owen, voormalige hoofseun van die elite-privaatseunskool Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is ’n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val.

Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher?

Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe ...

Die langverwagte vervolg op die topverkoper Onderwêreld.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top