Ongetiteld

  • 0

ek verwonder my vanaand
hoe doekvoetig ons bly talm
onner die skugtermaan

ek verwonder my vanaand
hoe ons karmosyn-ingewande
altoos bly invou
onner die silwermaan

ek verwonder my vanaand
hoe ons met ʼn skamel karmenaat
kan pendel
ommi hele maan

hoe verwonder ek my vanaand
op ʼn jasmyn-deurtrekte
septimmeraand
en dit sonner ʼn enkele maan

Lees ook

Katedraal

onse jessye (’n antifoon vir ’n gestorwe prima donna)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top