onse jessye (’n antifoon vir ’n gestorwe prima donna)

  • 1

“om die wonder van die dood te ervaar
haar siel wat ontsluit uit haar groot en sterke liggaam”

allerstond gegote goud uit die mond 
die musiek kies haar skalks
en niet andersom

skotvry van voeë en vae 
temper sy hertz 
stu sy voerlyne horisonloos
soos suiwer glas 
ornaat soos donker rooi brokaat

met ʼn drif wat jou bloed in die mond laat proe 
alles gedoog uit ʼn enkele stem

sing om te sing soos sy kon sing
is en was ʼn dubbele gebed

Luister hier na Jessye Norman:

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top