![]() |
| Heloïse van der Walt |
![]() |
|
Nuwe Stories 3 Saamgestel deur Suzette Kotzé-Myburgh en Leti Kleyn |
![]() |
| Koop Onder die radar by Kalahari.com |
Nuwe Stories 3 is pas gepubliseer as eindresultaat van die Nuwe Stories-skryfkompetisie wat deur Human & Rousseau in samewerking met LitNet aangebied is. Al die kortlysverhale is op LitNet gepubliseer saam met die keurverslae deur Suzette Kotzé-Myburgh en Leti Kleyn. Die skrywers kon skaaf aan hulle verhale terwyl lesers ook kon baat uit die wenke en raad. Die finale weergawe is opgeneem in Nuwe Stories 3. LitNet het aan die skrywers wat in die bundel opgeneem is 'n paar vrae gevra.
Wat was die inspirasie agter jou verhaal wat in Nuwe Stories 3 opgeneem is?
Ek was besig om ’n koekie te te eet toe die inspirasie my beetkry. Die verhaal gaan immers oor Koeks wat onder die vaandels van ‘n “gawe koekietannie” straatkinders van die bose straatlewe verlos.
Ná die aanvanklike keuring het jy die geleentheid gehad om die kortverhale persgereed te kry met die hulp van keurverslae en 'n werkswinkel. Hoe het jy hierdie proses vanjaar ervaar?
Die werkswinkel en die raad van kenners het baie gehelp. Dit het veral gehelp dat die verhaal vorm kry, want as ’n amateurskrywer kan ’n mens soms oorhaastig wees met die skryfproses. Die keurverslae én werkswinkel het ’n mens laat besef hoe belangrik “attention to detail” en deeglike beplanning is. Dit is ’n lang proses, maar beslis die moeite werd.
Wat is vir jou die moeilikste aspek as dit kom by die skryf van 'n kortverhaal?
Vir my persoonlik is die slot die moeilikste deel, om vir lesers op die gepaste manier “afskeid” te gee. ’n Mens onthou dikwels net die einde van ’n storie en dit is belangrik om dit goed te skryf. Dit is soos ’n 400 m, daai laaste 100 m is altyd die moeilikste.
Het die omgewing waar jy tans woon en werk, 'n invloed op jou skryfwerk of put jy inspirasie uit ander bronne?
Dit is vir my ’n kombinasie van die twee. ’n Mens moet ’n omgewing gebruik wat jy goed ken of deeglike navorsing oor gedoen het. Dus het ek op die skema besluit; my grootwordplek. Die skokelement op die platteland is ook soveel groter omdat misdaad “ongehoord” is. Ek put ook inspirasie uit mense; hulle maniertjies; gesprekke; selfs foto’s.
Wat is jou gunsteling-aanhaling deur 'n skrywer?
“Memory is the diary that we all carry about with us” – Oscar Wilde
As daar een boek is wat jy wens jý het geskryf, wat sal dit wees?
Ek sou baie graag die Harry Potter-reeks wou skryf. Ek sou ook betrokke wou wees by die filmaspek daarvan.
Wat lees jy op die oomblik en wat is jou gunsteling- Suid-Afrikaanse boek wat die afgelope jaar of twee verskyn het?
Ek lees op die oomblik The Wolf of Wall Street deur Jordan Belfort. Onder die radar is die laaste Suid-Afrikaanse boek wat ek gelees het. Ek is ’n groot Dana Snyman-fanen geniet enige iets wat uit sy pen kom. Niemand vertel ’n storie soos oom Dana nie.
Wat is jou skryfplanne vorentoe?
Ek is tans besig met ’n roman vir Kwarts, asook ’n novelle wat ek teen middel volgende jaar wil voltooi. Ek sal graag eendag ’n gevestigde romanskrywer wil wees en my eie TV-reeks/fliek skryf.
Lees die tweede weergawe van "Die koekietannie"




