Nuwe boeke van LAPA | New books from LAPA

  • 1

Offers vir die vlieë
Fanie Viljoen
Jongvolwassefiksie
Druknaam: LAPA
978-0-6396-0177-9
R225.00

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.

Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat. Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front. Een van hulle vermoor hul seksieleier. Almal ontken hulle is skuldig. Wie van hulle lieg?

Offers vir die vlieë was die wenner van die LAPA Jeugromankompetisie in 2019. Een van die beoordelaars skryf: “Hierdie verhaal is een van die beste wat ek in ’n lang tyd in Afrikaans gelees het.”

Hierdie roman kan beskryf word as ’n jongvolwasseweergawe van 1984.

Suid-Afrikaanse tieners sal kan identifiseer met temas van geweld, verlies van identiteit en boeliegedrag. Hierdie is ’n uitdagende en grensverskuiwende roman; die eerste van sy soort in Afrikaanse jeugliteratuur.


Toekomsmens
Isa Konrad
Fiksie
Druknaam: LAPA
978-0-6396-0523-4
R290.00

Pretoria, 2057. Dertig jaar ná Johannesburg in ’n spookstad verander het, word die Nuwe Republiek van Suid–Afrika deur die Toekomsparty en ’n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as ’n programmeerder in die Intelligensieburo. Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer ’n militêre observasiesatelliet

’n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek. Op dieselfde dag word In–Grid, die Intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, in ’n aanval vernietig. In chaos wat volg, aktiveer Kel In–Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe van Agnes Baumer bevat, ’n vroulike spioen in Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede.

Die verhaal trek korrelasies tussen huidige gebeure en die tweede Wêreldoorlog.

Toekomsmens is ’n sterk spekulatiewe roman. Dit is ideaal vir aanhangers van Margaret Atwood se Oryx and Crake en The Handmaid’s Tale en The Testaments. Dit lewer sterk ekologiese en sosiale kommentaar.


Word ’n inluencer
Elma Smit
Niefikse
Druknaam: LAPA
(P-boek): 978-0-7993-9982-0
(E-boek): 978-0-7993-9983-7
R230.00

Moet ’n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee!

Daar ís egter ’n hele rits duur lesse wat verified influencers, of erkende meningsvormers (dáái met die blou regmerkies), almal op die harde manier geleer het.

Tradisionele media speel toenemend tweede viool vir digitale en sosiale media – ’n rewolusie wat aan inhoudskeppers ongekende (en lonende!) nuwe geleenthede bied. Elma Smit het in 2019 as aanbieder die hoogste sport bereik: sy is deur twee globale organisasies gekies om die verteenwoordiger van hul digitale inhoud by twee verskillende wêreldbekertoernooie in minder as ses maande te wees. Tóg het sy in dieselfde tydperk meer munt daaruit geslaan om ’n influencer te wees as uit enigiets anders.

In Word ’n Influencer laat een van SA se topinhoudskeppers en -influencers vir die eerste keer die aap uit die mou oor hoe ’n mens ’n lojale gehoor opbou, hoeveel jy vir geborgde veldtogte kan vra en hoe om die vele slaggate te vermy. Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer Bosch en Rachel Kolisi tel onder die uitgelese geselskap van influencers wat ook hul geheime deel, terwyl plaaslike en oorsese bemarkingsghoeroes verduidelik waarna hulle op soek is wanneer daar op influencers vir veldtogte besluit word.


Become an influencer
Elma Smit
Nonfiction
Imprint: LAPA
(P-book): 978-0-7993-9985-1
(E-book): 978-0-7993-9986-8
R230.00

Do you need to be popular to make money from social media? No!

There are, however, a few important lessons verified influencers (those with the blue ticks and paying clients) have learnt through trial and error.

As traditional media keeps losing eyeballs and revenue to digital and indeed social media, this content revolution presents unprecedented opportunities for those who know how to make the most of their interests and smartphones. In 2019, Elma Smit was hand-picked by two global governing bodies as the face of their World Cup content campaigns, in the space of only six months. Yet, she generated more revenue from influencer work in that same period than from anything else.

In Become an Influencer, one of South Africa’s leading content creators and influencers spills the beans on how to build a loyal audience, how to charge for paid campaigns and how to avoid running into a social media meltdown. Maps Maponyane, Rachel Kolisi, Nadia Jaftha and Liesl Laurie and a whole host of other leading influencers also reveal their influencer secrets, tips and hard-won lessons to Elma, while leading strategists who select influencers for global and local campaigns share what they look for in an influencer.


Home Food With Zero Guilt!
Trish van der Nest
Recipe Book
Imprint: LAPA
978-07993-9606-5
R320.00

“Mealtimes have always given me my most precious memories! I pour much love into the dishes I create – with fresh ingredients, real food, and a constant eye on what is healthy.”

Take a culinary journey homewards with Trish as your guide and host. For many years, she’s been gathering recipes from friends, family, chefs and foodies from all over the globe and preparing food that her friends and family devour.

Uncomplicated to create, and with easy-to-source ingredients, everyone can serve these treasured low-carb recipes with success.

Think of long tables filled with abundant and delicious food shared with love and laughter. This is Trish’s signature style: comforting, delectable and healthy!


Die Bastian Blom-reeks
Jaco Jacobs
Illustrasies: Linki Brand
Kinderboeke
Druknaam: LAPA
R145.00 elk

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op (hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie),
  • skilderye van katte (hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie),
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Daar is vier boeke om te geniet:

  • Bastian Blom en die en die pratende portret; 978-0-7993-987-6
  • Bastian Blom en die en die gillende geraamte; 978-0-7993-9875-5
  • Bastian Blom die en die woedende weerwolf; 978-0-7993-9877-9
  • Bastian Blom en die en die magtige moerasmonster; 978-0-7993-9878-6

Leer my lees: Tippie plakker- en aktiwiteitsboek
José Palmer & Reinette Lombard
Aktiwiteitsboek
Druknaam: LAPA
978-0-6396-0078-9
R185.00

Ontmoet vir Tippie – ’n liefdevolle olifantjie wat graag die besondere in die alledaagse soek. Tippie is mal daaroor om saam met sy vriende te leer en te ontdek.

Deel hierdie boek met jou kind om kreatiwiteit en fyn motoriese vaardighede te oefen en verbeelding aan te wakker. Daar is ’n verskeidenheid prettige en kleurvolle aktiwiteite wat die ontwikkeling van aktiewe deelname en konsentrasie sal ondersteun.

Hierdie boek bevat 40 bladsye aktiwiteite en 4 bladsye herbruikbare plakkers.

In die laaste jaar alleen het 172 960 kopieë van die Afrikaanse weergawe van die Tippie-reeks al verkoop. Die eerste vlak van die Engelse reeks het in die eerste vier maande reeds 25 400 kopieë verkoop.


Learn to read: Tippie sticker and activity book
José Palmer & Reinette Lombard
Activity Book
Imprint: LAPA
978-0-7993-9893-9
R185.00

Meet Tippie - a lovable elephant who likes to find the wonder in everyday things. Tippie happily spends his time learning and discovering alongside his friends.

Share this books with your child to practise creativity, fine motor skills and encourage imagination. There are a selection of fun and colourful activities that will support the development of active participation and concentration whilst your child is having fun.

This book contains 40 pages of activities and 4 pages of reusable stickers.

In the last year alone, more than 172 960 copies of the Afrikaans editions of the Tippie series have been sold. The first level of the English series sold 25 400 copies in the first 4 months.


Winternag
Madelie Human
Romanse
Druknaam: Romanza
978-0-6396-0515-9
R95.00

Hy is in die winter van sy lewe, maar sy is soos ’n ontembare vuur ...

Belinda Behrens is ’n befaamde sangeres wat dikwels op koerantvoorblaaie pronk, maar haar hart hunker na meer. Sy wil haar dogter leer ken, uit die kollig kom en ’n tuiste op Groeneweide maak. Ongelukkig wil die beesboer met sy heldergroen oë haar net nie uitlos nie.

Jaco Greyling is in die winter van sy lewe. Sy vrou is oorlede, sy twee tieners gee vir hom elke dag ’n ekstra kolletjie grys hare en hy staan op die rand van bankrotskap ná jare van droogte. Hy is hoegenaamd nie gereed vir enige verhouding nie, maar die mooie Belinda met haar onwrikbare geloof dat die son weer sal skyn, spook by hom. Ten spyte van talle struikelblokke ontwikkel daar iets tussen hulle wat nie een van hulle kan vermy nie, en waar daar liefde is, is daar hoop.


Liefde vir ’n dromer
Didi Potgieter
Romanse
Druknaam: Romanza
978-0-6396-0517-3
R95.00

Liefde is soos om met oop oë te droom.

Petri is ’n bofbalspeler in New York en Katryn is ’n plaasmeisie wat haar pa se besigheid aan die ander kant van die wêreld bestuur. Hulle het wel een ding in gemeen: Hulle albei moet in Pretoria wees vir die lees van Petrus Theron se testament.

Petri erf aandele in Petrus se besigheid en Katryn is woedend oor haar stiefpa se halsoorkop besluit. Hy is boonop onmoontlik sexy, hardkoppig en so ryk soos Midas. Katryn, wat moes hard werk vir alles wat sy het, gaan nie toelaat dat enigiemand haar droom kom steel nie. Al soen hy hóé lekker!

Hy moet vir drie maande by die besigheid betrokke wees voor Katryn sy aandele kan koop, maar sy besef gou dat sy Petri heeltemal verkeerd opgesom het, en dat sy nie haar droom hoef prys te gee om plek te maak vir ’n nuwe een nie …


Waar die spoke sing
René van Zyl
Romanse
Druknaam: Romanza
978-0-6396-0519-7
R95.00

Sy moet spoke uit haar verlede in die gesig staar voordat hulle ’n toekoms saam kan hê.

Eleanor Lindeque is ’n geskeide uitgewer, maar haar droom is om skrywer te wees. Toe die aantreklike hotelmagnaat Oliver Montgomery haar vertel dat sy oorlede oupa en Eleanor se confidant vir haar landgoed in Engeland nagelaat het, besef sy dat dit die perfekte tyd is om haar drome na te streef. Behalwe dat dié landgoed ’n ou kerk met ’n begraafplaas is waar Oliver se eie spoke nog wegkruip, hy duidelik nie in haar belangstel nie, en haar glad nie vertrou nie. Sy het ook ’n paar spoke uit haar verlede wat sy in die gesig moet staar voordat sy ’n toekoms saam met Oliver kan hê.

Sy familie maak ook nie die situasie makliker nie. Sy broer is ’n berugte casanova en dit lyk asof sy ma vir Oliver haat. Waarvoor het sy haarself ingelaat?


Die kwêvoël roep
Alexa Steyn
Romanse
Druknaam: Romanza
978-0-6396-0521-0
R95.00

Maak jou oë toe en luister ...

Hannah du Toit besluit om haarself op Tijgerpoort te vestig in die huis wat eers haar en haar oorlede man se vakansiehuis was. Sy is opgewonde oor ’n nuwe toekoms – veral nadat sy kennis maak met ’n man wat feitlik onmiddelik haar hartsnare roer.

Iemand uit Hannah se verlede duik onverwags op en sy moet sekere gebeure in haar verlede opnuut konfronteer. ’n Jarelange vriend en vaderfiguur staan haar by om ’n belangrike besluit te neem en sy kom agter dat die nuwe man in haar lewe ook bagasie uit sy verlede saamdra. Maar ’n groot veldbrand lei tot byna noodlottige gevolge ...


Skoolgeld
Vita du Preez
Erotiek
Druknaam: Wenkbrou
978-0-6396-0525-8
R250.00

Gaan hierdie ’n duur les wees?

Wanneer Emma Louw ná ’n motorongeluk haar bewussyn in die hospitaal herwin het sy geen idee wie sy of die aantreklike vreemdeling is wat langs haar bed waak nie. Daniel Swart slaag egter daarin om haar gerus te stel: Sy is au pair vir sy seuntjie Neal en volgens die dokter is haar geheueverlies net tydelik.

Emma is geskok wanneer Daniel haar vertel dat hulle ’n liefdesverhouding het hoewel hy getroud is. Hy oortuig haar om saam met hom terug te keer na sy plaas Omdraai. Op die plaas begin Emma geleidelik grepe uit haar kinderdae onthou, maar oor haar volwasse lewe is daar steeds ’n donker sluier getrek. Emma besef gou dat sy meer as blote fisieke aantrekkingskrag voel vir die man wat haar met soveel geduld en deernis versorg. Die emosionele verbintenis tussen hulle verdiep en omdat Emma hom vertrou, is sy bereid om sy seksuele fantasieë saam met Daniel uit te leef. Maar gaan hierdie ’n duur les wees?

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Johan Van Staden

    Ek skryf stories, en sal baie graag wil weet hoe om te werk te gaan om dit gepubliseer te kry, baie dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top