Is Maart die maand van gruwels? Van ons boeke gaan jou laat huil en jy gaan dalk van moord droom. Wees gewaarsku, dis ’n rowwe maand dié. Selfs ons lekker dik romanse maak ’n draai in die tronk!
Gelukkig is daar heerlike kinderstories om jou in te verlustig en ons Romanza-reeks stel beslis nie teleur nie.
***
The long-awaited English version of Landi’s story is here. She is the amazing girl who has survived the ordeal of the Springs House of Horrors.
We also have some wonderful English-language books for younger readers. Enjoy!
Fiksie | Fiction
’n Ballade vir Nkunzi
Ben Viljoen
Fiksie
9780799399219
R300,00
“Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees? As jy eers dáár is, kan alles en enigiets jou droom wees.”
Daar is min verhale in Afrikaans wat armoede uitbeeld soos ’n Ballade vir Nkunzi.
Bennie Welman se pa is ’n trokdrywer, hy suip elke Vrydagaand sy geld uit. By die huis wag Bennie, die ses ander kinders en sy ma op die geweld wat sál kom wanneer Bernard Welman uiteindelik die huis in strompel.
Nes die gesin dink dit kan nie erger nie, bewys die noodlot hulle verkeerd.
Dan, een aand wanneer daar reeds weke lank nie kos in die huis is nie, vra Drien, Bennie se ma, aan hom: “Weet jy wat is die heel beste van flat rock bottom wees?”
Drien staan uiteindelik op en skep ’n mate van sekuriteit vir haar kinders.
Ben haat sy pa en meet uiteindelik ook sy kragte op teen die ou bul. Die enigste ding wat die kloof tussen pa en seun soms oorbrug is hul liefde vir musiek.
Viljoen se karakters is mense wat lééf; die leser kan met iedereen identifiseer. Die skrywer maak nooit die fout om aan sentiment toe te gee nie. Musiek is die enigste vorm van verhewenheid in hierdie afskuwelike omstandighede; dit is ook die enigste genaakbaarheid wat Bennie in sy pa gewaar.
Die boek bied hoop en het ’n mooi einde, maar daar is geen plek feetjies met towerstaffies nie.
***
“Do you know what is the very best of being flat rock bottom? Once you are there, anything and everything can be your dream.” These are the words of Drien Welman to her eldest son Bennie when they, yet again, have no more food in the house.
Liewe Mamma
Esther Verhoef
Krimi (In Nederlans: Literaire thriller)
9780799399189
R315,00
Een knal en haar geordende lewe is nooit weer dieselfde nie ...
Helen geniet haar werk as opgeleide teatersuster. Sy woon in ’n pragtige huis. Haar man maak verskriklik baie geld. Die drie kinders doen goed vir hulself.
Op ’n Vrydagaand gaan sy altyd gimnasium toe, want haar lewe het ’n vaste ritme. Sy kom by die huis en betrap ’n inbreker. Uit selfverweer skiet sy hom dood.
Wat nou? Meld hulle dit by die polisie aan, sal haar man se ondernemings daaronder lei.
’n Entjie verder sit Ralf en wag vir sy vriend wat vinnig-vinnig geld gaan steel by ’n ryk sakeman. Hy hoor skote klap en besef uiteindelik dat hy sy vriend nooit weer sal sien nie. Na die polisie kan hy nie gaan nie, want dan stel hy homself bloot.
Dié boek ondersoek die nadraai van daardie noodlottige aand. Helen en Ralf spook albei met hulle eie demone en skuldgevoelens.
Liewe Mamma is ’n angswekkende roman oor ’n vrou se skynbaar perfekte lewe wat kruis met dié van ’n jong gewoontemisdadiger; selfs in verre Nederland is die werklikheid nie altyd so rooskleurig soos die skyn nie.
Esther Verhoef is ’n megaster. Meer as 2,5 miljoen eksemplare van haar romans is al in Nederland alleen verkoop en sy word ook in verskeie ander tale ook uitgegee.
Liewe Mamma is die eerste van haar boeke wat in Afrikaans vertaal word.
***
Helen’s happy suburban life changes overnight when she kills an intruder in her home. That is just the beginning of her worst nightmare. She could never have foreseen how far she would go to protect her family.
As jy van moord droom
Deborah Steinmair
Fiksie
9780799399240
R300,00
Wat maak ’n ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?
Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat beter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte en sê amper nooit enigiets nie.
Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat self moeilik oor haar gevoelens. Erin is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?
Wie lê op loer na haar kind?
As jy van moord droom, voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid gemoor het uit woede; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.
Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug. Hoe dring Erin tot hierdie woedende vreemdeling deur? En hoe hanteer Erin haar eie woede oor wat ander aan haar kind gedoen het?
Die storie van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff was die sneller vir die roman. Daar is heelwat boeke oor kinders wat verdwyn, maar min oor ’n beskadigde kind wat terugkom.
As jy van moord droom is ’n boeiende analise van die dinamika tussen ma en dogter. Die groeiende verhouding tussen Erin en Maryna is ontroerend.
***
Maryna, Erin’s daughter, disappeared at the age of six. Twenty years later, she knocks on her mother’s door again.
Maryna speaks Chinese fluently, is grotesque and obese, has a dagga habit and hardly ever speaks. Who would not dream of murder, were you Erin?
Ter wille van jou
Magdaleen Walters
Romanse
9780799399158
R250,00
Geboei aan die verlede?
Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.
Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg.
Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir ’n tronkvoël nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie.
***
Christoff, a falsely imprisoned convict, finds work at a factory while he tries to uncover the truth of his arrest. Juanita, the owner’s daughter, doesn’t trust him one bit.
Bloedfamilie
Elsa Hamersma
Krimi
9780799399271
R300,00
Een moord in die familie is erg genoeg, maar twee in een week raak bisar.
Soos Kain en Abel het Bart en Jakes Brink nie liefde vir mekaar nie. Bart is talentvol, aantreklik, sportief en populêr, maar ook inherent sleg en ’n opperste skelm met geen genade vir sy medemens nie. Jakes is onaantreklik, vol skete en kwale en sonder uitstaande talente, behalwe dat hy ’n finansiële sukses van sy lewe gemaak het.
Jakes is nie verbaas wanneer Bart een aand brutaal vermoor word nie, want hy het baie vyande gehad. Tog is die familie geskok om te hoor dat die speurders vermoed die moordenaar is een van hulle.
Die tweede moord enkele dae later skep selfs meer vrae.
Is die moordgeen in die familielede se DNS? Of lê die motief vir die moorde in ’n familiegeheim? Die moorde is oënskynlik impulsief en sonder voorbedagte rade gepleeg. Die speurders sit met min leidrade. Hoe vind hulle die moordenaar tussen die drie sibbe en vier kleinkinders?
***
Two murders are committed in one week in the Brink family. The killer leaves a message at the first murder pointing the finger at the family. Who is it and why does he or she murder?
Niefiksie | Non fiction
Afspraak met moord
Jana Marx
Niefiksie
9780799396003
R295,00
“Daar was bloedspatsels oor die koffietafel, die banke en die banke se kussings. Peter en Joan was oortrek van steekwonde in hul rûe, nekke en agterkoppe. Nicholas het sy pa en ma gesigte na onder in ’n bloedbad op die mat in die sitkamer gekry. Hulle het hul hek en huis vir hul moordenaars oopgemaak, want hulle het ’n afspraak gehad.”
Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landswyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg.
Die moordenaars is slim, gewone mense – ’n onderwyseres, ’n finansiële makelaar, ’n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot ’n sakeafspraak nagekom, min wetend dat dít ’n afspraak met die dood was.
Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank?
Jana Marx beantwoord dié en ander vrae wat gespruit het uit een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis. Danksy onderhoude met diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor ’n tydperk van vier jaar, poog Marx om die publiek se vrae te beantwoord en ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.
***
Who is Cecilia Steyn? How can one person manipulate five others to commit murder and perjury on her behalf? Through interviews with those in the inner circle, evidence given in court and police files covering a period of four years, Marx attempts to answer the public’s questions and provide a view of the inner workings of the cult Steyn supposedly belonged to.
House of horrors
Susan Cilliers
Non fiction
9780799393309
R245,00
“I kneel on the foot piece next to the bed and lower my head. A piercing, burning pain engulfs my entire face. Dad has kicked me. Blood is gushing from my nose. Then I feel cold water being poured all over my body. Electrical wires shock me, I can’t see through the blood. God, help me.” (Landi’s own words, translated from the Afrikaans.)
Landi is the eldest of five children who were rescued from the so-called Springs House of Horror.
She is 21 years old now and tells her astonishing story for the very first time.
In May 2014 police raided the house where a sadistic father had imprisoned, abused and tortured his wife and five children in a rat-infested den of sleaze.
In chilling detail Landi recalls how their father assaulted them with an electric prod, shooting them with a gas pistol and burning them with a blowtorch; how he researched torture methods and nearly drowned them in a bathtub.
Landi relates her memories to Susan Cilliers, an experienced journalist, who documents it with compassion.
Cilliers skilfully combines the facts that has emanated from the police investigation and court case with Landi’s very personal story.
House of Horrors is the shocking tale of a father who has taken everything from his family in the cruellest possible way, yet it also is a story of hope about a brave young girl who eventually finds happiness and healing.
Since its release in 2019, the Afrikaans version of this book has already made the Nielsens Best-sellers non-fiction list twenty two times, it is still going strong.
***
House of Horrors is die skokverhaal van die sogenaamde “Springsmonster” wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.
Vir die jongspan | For the younger reader
Maroelaboomstories
Leon de Villiers
Illustrasies: Linki Lutz
Kinderfiksie
Ouderdom: 7+
9780799395068
R280,00
Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunstelingslaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek.
Die klein bobbejaantjies wil nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai.
Die son sak vinnig en die nag is op pad.
Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met vyftien diereverhale net vir jou!
Hierdie pragtige heruitgawe van Leon de Villiers se wonderlike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar Linki Lutz geïllustreer.
***
This collection of fifteen highly-entertaining animal stories is also available in English as Tales from the Marula Tree.
Tales from the Marula Tree
Leon de Villiers
Illustrations: Linki Lutz
Kids’ fiction
Age: 7+
R280,00
9780799395693
Every evening at sunset a troop of baboons climb to the top of the big Marula tree. It is their favourite sleeper tree. They climb about looking for a comfortable spot. It takes a while for everyone to settle down, but eventually even Aunt Mangy has found the perfect branch for her tired body.
All is quiet.
The baboons are waiting for the evening star to appear. Who will be the first to see the star tonight? "There it is!" cries one of the little ones.
As soon as the star has appeared, a little voice begs: "Please tell us a story!"
"Yes, a story, a story!" it echoes in the branches.
This is a collection of fifteen highly original and entertaining animal stories.
***
Hierdie pragtige boek is ook in Afrikaans beskikbaar as Maroelaboomstories.
Pixel
Fanie Viljoen
Kids’ fiction
Age: 9+
9780799391824
R145,00
Felix Foxly is lonely, completely and utterly lonely. His parents are always working. His home-school teacher, Miss Tiddlespout, has the temperament of a thunderstorm.
Felix has nobody to play with him or to keep him company.
Fortunately Felix is good at taking things apart and putting them back together again.
One day he decides to build himself a friend. He collects plans and equipment and all kinds of stuff.
The moment Pixel’s lights go on and his gears start crunching, Felix’s life changes.
Pixel is a brilliant robot! He can speak, play, read books and he is the world’s best tree climber.
With Pixel every day is an adventure and Felix will never have to be lonely again!
How long will they be able to remain friends before everything goes horribly wrong?
***
Fanie Viljoen het hierdie beeldskone, moderne sprokie self vertaal. Die oorspronklike Afrikaanse titel is Pieksel.
Thabo the space dude. Log book 1: Last days on Earth
Lori-Ann Preston
Illustrator: Alex van Houwelingen
Kid’s fiction
Age: 7+
9780799397901
R160,00
Five, four, three, two, one! Get ready for outer space.
“I’m doooomed!”
Thabo is horrified when his parents inform him that his family is moving to Mars. Could his life get any worse? The answer is yes, for his parents are forcing him to document his last days on Earth in a log book. Sigh.
Meanwhile, our young hero is scheming.
Will he survive Mars Boot Camp?
Will he be able to smuggle his two best friends on board the space shuttle?
Most importantly: will he manage to sneak a farewell kiss from Mbali?
This humorous youth novel is written in the form of a daily log book, full of laughs and pathos.
***
Thabo is sommer baie omgekrap toe sy ouers hom verras met die nuus dat hulle Mars toe trek. Nou moet hy boonop oor sy laaste dae op Aarde in ʼn dagboek skryf. Sug. Sal hy die kamp oorleef wat hom voorberei vir sy tyd op Mars? Sal hy ʼn plan kan beraam om sy twee beste pelle op die ruimteskip te kry? Dan, die belangrikste van als: sal hy ’n Mbali hom ’n behoorlike vaarwelsoen gee?
Supervillain
Jaco Jacobs
Illustrator: Nicolene Louw
Kids’ fiction
Age: 9+
9780799398090
R135,00
Wessel has to spend the entire holiday with his grandpa. This is going to be the LOUSIEST two weeks of his life. Grandpa Zirk is more grumpy than a hammerhead shark with a toothache and he HATES children.
Yet something seems to be rather odd. Why is Grandpa always sneaking around in the dead of night? What is he hiding in the strange little shed in the garden?
Wessel knows there is only one way of finding the truth.
Before long, Wessel is part of a fearsome rollercoaster ride filled with superheroes, villains, super-cool technology, underhanded plans and incredible explosions!
For Wessel the most boring holiday ever may just turn into the adventure of a lifetime.
***
Hierdie prettige vertaling van Jaco Jacobs se Superskurk gee nou Engelse lesers die geleentheid om hulself ook in Jaco Jacobs se pragtige stories te verlustig.
Wo(o)rdslim 2
Jaco Jacobs
Illustrasies: Zinelda McDonald
Niefiksie
Ouderdom: 9+
9780799398007
R90,00
Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese nuwe aktiwiteitsboek!
Ná die sukses van Wo(o)rdslim, is hier nog een! Hierdie tweede boek het baie bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.
Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!
Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:
- Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas
- Woordsoekblokke
- Spelspeletjies
- Letterblokke
- Kriptogramme en ander briljante breinboelies.
Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.
Volledige oplossings is agter in die boek.
***
Get smarter while having tons of fun with this fantastic activity book! Wo(o)rdslim 2 contains many pages filled with creative crossword puzzles, wonderful word games and ridiculous riddles that will ensure plenty of fun-filled hours. The activities include thematic crosswords, word-search blocks, spelling games, letter blocks, cryptograms and other brilliant brain busters. All the answers are in the back of the book.
Rooimiere-in-die-broek, Idioom-Inkleurboek
Wendy Maartens
Illustrasies: Linki Brand
Niefiksie
Ouderdom: 5+
9780799397932
R100,00
Maak die potlode skerp.
Skiet daai doppies van die merkpenne af.
Lê op die gras, sit agterstevoor op ’n stoel, klim in die linnekas met ’n flits, of hang onderstebo in ’n boom.
Die tyd het aangebreek.
Kom ons kleur in!
Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.
***
This cheerful colouring book contains 22 idioms, each with interesting facts about animals.
Diereverkenners: Lola en die singende orgidee
Sharon Rentta
Kleuterfiksie
Ouderdom: 5+
9780799397239
R150,00
’n Ysbeer in die reënwoud? Natuurlik, ja!
Lola die ysbeer hou vreeslik baie van plante, maar in die Arktiese sirkel is daar nie baie blomme nie. Sy is dus op pad na die reënwoud vir ’n asemrowende avontuur.
Haar maats dink sy is verspot, maar Lola is ’n beer met ’n plan. Sy is vasbeslote om die seldsame Singende Orgidee te kry, en niks en niemand gaan haar keer nie.
Kom saam met Lola op ’n pretbelaaide avontuur en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte plantsoekers.
Jaco Jacobs se heerlike Afrikaans en die besondere illustrasies maak van die hierdie warm boek ’n beer om meer rekening te hou!
***
Lola the polar bear has a passion for plants, but there aren't many flowers in the Arctic. There's only one thing do: she will have to trek to the Amazon jungle to see them!
Hallo, menstruasie
Yumi Stynes & Dr Melissa Kang
Illustreerder: Jennifer Latham
Niefiksie
Ouderdom: 9+
9780799397888
R262,00
Hierdie pragtige boek is ’n alles-in-een-gids met feite, wenke en inspirerende stories. Dit vertel alles wat jy moet weet oor menstruasie.
Hallo, menstruasie is ’n boek wat vir amper-tieners én vir tieners alles oor menstruasie vertel. Die skrywers van die boek is eerlik en snaaks; hulle weet presies wat in ’n tiener se kop aangaan.
Om vir die eerste keer te menstrueer kan vreemd wees – en om vrae daaroor te vra nog vreemder. Dit hoef egter glad nie so te wees nie!
Hierdie boek beantwoord tieners se vrae en kwellinge, soos hoe krampe voel en wat jy moet doen as bloed jou klere vlek.
Daar is gevallestudies, persoonlike vertellinge en vrae van regte tieners met antwoorde van regte kenners.
***
Hallo, menstruasie is a frank, funny, age-appropriate guide for pre-teens and teens about getting your period, something that can be mortifying the first time it happens; weird and messy too. Asking questions about it can feel even worse. It doesn’t have to be like that! This book is packed with honest advice on all the things you need to know.
Ek kan vlieg
Teks & illustrasies: Fifi Kuo
Kleuterfiksie
Ouderdom: 3+
9780799397796
R140,00
Pikkewyne is gewilde onderwerpe vir prenteboeke, maar Ek kan vlieg is opvallend vir die sjarme en emosionele impak daarvan.
Klein Pikkewyn wil vreeslik graag vlieg en glo dat hy kan, ten spyte daarvan dat almal, insluitend sy pa, vir hom vertel dat hy nie kan nie.
Eers as hy in die water val, ontdek hy wat pikkewyne regtig kan doen.
Sy pa is aan Pikkewyn se sy; en so leer die jongeling dat alle pikkewyne, hy en sy pa ook, wel kan vlieg, solank hulle dit onder water doen!
Kuo se teks en tekeninge is eenvoudig, maar uitmuntend. Die leser kan presies verstaan wat Klein Pikkewyn voel, asook hoe dit moet voel om deur die water te vlieg.
***
A small penguin sees all the birds in the sky and wants to fly like them. Penguin tries everything he can to copy them – but to no avail. When, by accident, he falls into the water with his dad at his side, our litter hero realises that penguins can fly, as long as they do it under water!
Romanza
Omdat ons saam is
Elsa Winckler
Romanse
9780799398717
R95,00
Tannie Peet se testament bepaal dat die drie susters elkeen afsonderlik vir ’n maand in haar huis op Greyton moet woon ten einde hul erfporsie te kan ontvang. Die hond Skim speel ’n noemenswaardige rol in die verhaal en slaag daarin om telkens die held en heldin by mekaar uit te bring.
Bella is die jongste van drie susters; Leen en Livie is onderskeidelik in die vorige twee boeke van dié reeks getroud.
Wian is die apteker op die dorp en worstel met sy eie probleme. Hy moes as jong man omsien na sy drie jonger broers ná sy ouers onverwags gesterf het in ’n motorongeluk. Hy sien nie kans om weer so ’n groot verantwoordelikheid na te kom nie, daarom wil hy nie trou en kinders hê nie.
Bella is in hart en siel ’n kunstenaar, maar is deur haar vorige vriend, Leo, erg onderdruk en kon later nie meer skilder nie.
Wian se jongste broer is Conrad Visser, die beeldhouer. Hy sien dadelik Bella se talent raak en help haar om weer haar skilderwerk op te neem. Intussen groei Wian en Bella se verhouding, maar dan verskyn Leo weer op die toneel en vernietig byna alles.
***
A sulking Bella arrives in Greyton. Her late aunt’s will requires that she should stay in the aunt’s cottage for a month to inherit a fair amount of money. Bella’s sisters have already redeemed their inheritance, and each won a groom in the process. Bella wants nothing to do with men – especially not with Wian.
Onverwags liefde
Elize Davies
Romanse
9780799398748
R95,00
As agtienjarige is Lizelle Lategan weggejaag uit haar ouerhuis en haar tuisdorp, Nelslaagte, omdat sy en Jacques, haar aangenome suster se kêrel, verlief geraak het op mekaar. Sy kry ’n interessante werk as navorser vir ’n misdaadskrywer, Hennie Schutte, maar dan keer sy seun, Steyn, terug van Amerika en krap alles deurmekaar.
Steyn wantrou Lizelle aanvanklik en beskuldig haar van allerhande valse motiewe, onder meer dat sy besig is om sy ouers se goeie harte uit te buit. Gaandeweg trek hy op ’n slim en selfs slinkse maniere die seer besonderhede van haar verlede uit haar uit en leer haar beter ken.
Toe Steyn en sy pa besluit om ’n mynramp, wat 50 jaar gelede op Nelslaagte plaasgevind het, as agtergrond vir ’n boek en ’n dokumentêre film te gebruik, word Lizelle só gedwing om terug te keer na Nelslaagte, die plek wat sy nooit weer wou sien nie en om die spoke van die verlede te konfronteer.
Steyn belowe weliswaar dat hy Lizelle sal bystaan, maar kan sy hom vertrou? Sy is baie bang vir seerkry en sukkel om hom te vertrou.
***
What gives arrogant Steyn the right to distrust, insult and criticise Lizelle? He also forces her back to Nelslaagte, the place she never wanted to see again. If only he didn’t kiss so good...
Feniks uit die vlamme
Magda Fourie
Romanse
9780799399097
R95,00
Kan die geskende goue godin herstel?
Sonika Vermeulen, ’n loopplankmodel, se lewe verander radikaal ná ’n gaslekkasie tydens haar broer se verjaardagpartytjie haar geskend laat.
Sy probeer om die stukke van haar lewe weer bymekaar te pas met die hulp van haar beste vriendin wat haar aanmoedig om dit weer buite haar woonstel te waag.
Dit is by ’n partytjie van een van haar vriende dat sy die wêreldbekende plastiese sjirurg, Jacques Aucamp, ontmoet. Sonika voel onmiddellik aangetrokke tot hom, maar haar geskende liggaam weerhou haar daarvan om na hom uit te reik. Hy is bekend daarvoor dat hy perfeksie in alle vlakke van sy lewe najaag; op professionele en persoonlike vlak. Dit maak hom in haar oë net meer onbereikbaar.
Sy ontdek ’n nuwe wêreld agter die lens van ’n kamera, en met die hulp van haar vriende beplan sy ’n nuwe loopbaan. Toeval veroorsaak dat sy en Jacques as gaste na gemeenskaplike vriende se huis in die Kaap genooi word en ’n verhouding tussen hulle ontstaan. Jacques bied vir haar sy plaashuis op Wellington aan om as ateljee te gebruik en sy stem in.
***
Sonika’s life is radically altered due to a gas leak. She meets the plastic surgeon Jacques Aucamp who is known for pursuing perfection in all levels of his life. Will he ever be able to accept and love her damaged body?
Oudit op haar hart
Antoinette Venter
Romanse
9780799399127
R95,00
Luzaan en Jacques was jare gelede, tydens hulle matriekjaar, in ’n verhouding. Pas nadat sy haar maagdelikheid aan hom geskenk het, los hy haar soos ’n warm patat.
Luzaan word só die teiken van bespotting onder haar skoolvriende.
Wat Luzaan nie geweet het nie, is dat Jacques se ma destyds ’n ultimatum aan hom gestel het: Hy laat staan vir Luzaan of sý sal sorg dat Luzaan se toekoms verwoes word.
Nou is dit sewe jaar later en Luzaan is aan die vooraand om vennootskap in ’n ouditeursfirma te kry. Jacques kontak haar werkgewer en Luzaan moet teen wil en dank as deel van ’n ouditspan na Jacques se vakansieoord gaan. Omdat sy bang is dat hy sal agterkom dat sy steeds nie van hom kon vergeet nie, oortuig sy haar ouditmaat, Marko, om haar te help om voor te gee dat hulle in ’n verhouding betrokke is.
Dinge boemerang vinnig, want Luzaan se hart behoort nou maar eenmaal aan Jacques. Bo en behalwe die feit dat Jacques se ma steeds soos ’n rots tussen hulle staan, is daar nog Brittany du Preez om mee rekening te hou en dan raak Marko óók nog verlief op Luzaan!
***
Luzaan closed her heart to love after Jacques left her like a hot potato during their matric year. Now her work sends her back to him.