Nuwe Afrikaanse vertaling deur Chris Swanepoel: Koning Mohlomi, seun van Monyane deur SM Guma

  • 0

Ons woon in ’n land waar taalgroepe meestal apart woon, elke groep met sy eie verhale en gebruike. Die gevolg is dat die Suid-Afrikaanse geskiedenis en letterkunde verbrokkel in aparte geskiedenisse en letterkundes, en juis daarom is die vertaling van klassieke werke uit een Suid-Afrikaanse taal na ’n ander so uiters belangrik, om die skeiding wat taal bewerk, te oorbrug en om te vorder in die rigting van ’n inklusiewe Suid-Afrikaanse geskiedenis en letterkunde.

Chris van der Merwe sê in sy voorwoord:

’n Nasionale dialoog is op die oomblik aan die gang, wat noodsaaklik is om eenheid en versoening in die land te bevorder, maar ons moet onthou dat vertaalde letterkunde in so ’n dialoog ’n betekenisvolle funksie kan vervul. Guma se verhaal oor Mohlomi is deels geskiedenis, deels ook letterkunde omdat, tipies van die letterkunde, ’n besondere verhaal hierin met algemeen menslike temas verbind word. Mohlomi is ’n belangrike historiese figuur, ’n magtige en wyse koning. Hy is die toonbeeld van ’n ideale vors wie se lewensbeskouing en heerskappy ver buite die grense van sy ryk relevant bly. Dit is by hom dat die later beroemde koning Moshoeshoe die beginsels van verstandige regering geleer het.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top