’n Leeslys vir kinders wat tuisbly: LAPA Uitgewers se keuse

  • 0

Is jou kinders tuis vasgekeer en sit hulle heeldag voor ’n skerm? LitNet het by ’n paar uitgewers gaan aanklop vir voorstelle wat jong lesers in hierdie tyd kan lees. Hier is boeke wat LAPA Uitgewers aanbeveel. Die kinders sal lekker lees én ontdek dis al die tyd ’n voorreg om ’n huis te hê waarin hulle in hierdie ongewone tyd vasgekeer kan wees! 

Van baba tot 2 jaar

Handpop-badboek: Boeta Beer
ISBN: 9780799398045

Badtyd is prettyd saam met Boeta Beer! Hierdie handskoenpopbadboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Die boeke het ook holtes wat as vingerpoppe gebruik kan word. Dit is een van vier speelgoedboekies om babas lief te maak vir lees.

 

 

 

 

Groot treë: Ons gaan dokter toe
ISBN: 9780799391794

Dit is een van vier boekies in die Groot Treë-reeks. Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op ‘n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes!

 

 
Ouderdom 3+

Sasha word stil
Jaco Jacobs
Illustreerder: Angela Banks
ISBN: 9780799395877

Waarom is Sasha vandag so stil? Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei. Hierdie pragtige boek bevat min woorde, en die illustrasies vertel ’n storie van ’n meisie wat leer luister.

 

 

Groot beer
Wendy Hartman
Illustreerder: Zinelda McDonald
ISBN: 9780799389197

Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op ’n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie – net baie, baie groter. Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. “Moenie hartseer wees nie,” sê sy sag vir hom. “Ek is hier. Wanneer ’n dogterjie se gesin inmekaarplof, is haar beer daar om te help.

 

 

 

Big bear
Wendy Hartman
Illustrations: Zinelda McDonald
ISBN: 9780799389203

The first time Sarah saw Big Bear was on a school outing. He looked just like Mr T, her teddy, only much, much bigger. Big Bear looked sad. So Sarah started talking to him. “Don’t be sad,” she said softly. “I’m here.” She told him he was not alone. When a young girl’s family implodes, her bear is there for her.

 

 

 

Ouderdom 5+

Rooimiere-in-die-broek idioom-inkleurbroek
Wendy Maartens
Illustrasies: Linki Brand
ISBN: 9780799397932

Kom kleur saam in! Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af. Lê op die gras, sit agterstevoor op ’n stoel, klim in die linnekas met ’n flits, of hang onderstebo in ’n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.

 

Diereverkenners: Lola en die singende orgidee
Sharon Rentta
ISBN: 9780799397239

Lola is lief vir blomme, maar daar op die ysvlaktes waar sy woon, is daar nie baie blomme nie. Lola die ysbeer is op pad na die reënwoud vir ’n asemrowende avontuur! Haar maats dink sy is verspot, maar Lola is ’n beer met ’n plan. Sy is vasbeslote om die seldsame Singende Orgidee te kry, en niks en niemand gaan haar keer nie. Kom saam met Lola op ’n pretbelaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte plantsoekers. Waarheen sal jou avonture jou neem?

 

Learn to read (Level 1) 7: Tippie and the vet
Jose Palmer & Reinette Lombaard
Illustrations: Zinelda McDonald
ISBN: 9780799397055

Learning to read is super easy with Tippie the elephant. Each story is unique, interesting and the text is always supported by colourful, engaging illustrations that will aid comprehension. The first ten books in the series focus on short vowels, simple consonants, blends and sight words.

 

 

 

Ouderdom 7+

Keegan & Samier #2: Die sokker-fiasko
André Trantraal
ISBN: 9780799397680

Keegan en Samier is beste vriende. Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur, want waarom moet meisies sokker speel?

 

 

 

Maroelaboomstories
Leon de Villiers

Illustrasies: Linki Lutz
ISBN: 9780799395068

 

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie; waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!

 

Tales from the Marula Tree
Leon de Villiers
Illustrations: Linki Lutz
ISBN: 9780799395693

Every evening at sunset the troop of baboons climb to the top of the big Marula tree. All is quiet. The baboons are waiting for the evening star to appear. Who will be the first to see the star tonight? "There it is!" cries one of the little ones. As soon as the star has appeared a little voice begs: "Please tell us a story!” A collection of fifteen highly original and entertaining animal stories.

 

 

Thabo the space dude
Lori-Ann Preston

Illustrator: Alex van Houwelingen
ISBN: 9780799397901

Poor Thabo is horrified when his so-called ‘loving’ parents inform him that his family is moving to Mars! Could his life get any worse? Apparently so since his parents are forcing him to document his last days on Earth in this log book. Will he survive Mars Boot Camp? Will he be able to his two best friends on board the space shuttle? And most importantly: will he manage to sneak a farewell kiss from Mbali?

 

 

Ouderdom 9+

Lea lief honde
Cecilia Steyn
ISBN: 9780799397970

 

Om diere te red, is in Lea se bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.

 

Die groot koelte
Leon de Villiers

Illustreerder: David Griessel
ISBN: 9780799389258

Feliks bly alleen op ’n strand. Sy mense het weggetrek sonder hom. Die wêreld het verander. Dit het jare laas gereën. Toe ’n seilskip vol wreedaardige ysbere hul opwagting maak, is hulle oortuig Feliks kan hulle gaan wys waar om die laaste ys op aarde te vind. Op hul swerftog die vreemde in, begin Feliks besef hul reis kan die wêreld verander …

 

 

 

Pixel
Fanie Viljoen

ISBN: 9780799391824

 

Felix Foxly is completely alone with nobody to play with him or keep him company. But one day he decides to build himself a robot friend. The moment his robot's lights go on Felix’s whole life changes. He will never have to be alone again! But how long will they be able to stay friends?

 

 

 

Trevor in the land of fantasy
Sheila Cussons
ISBN: 9780639911007

This classic children’s book with its original illustrations was published after the death of Cussons. All the income derived from the book goes to a charity.

 

 

 
Ouderdom 11+

Justin Fortuin skattejagter
Theresa van Baalen
ISBN: 9780799395969

Justin Fortuin het glad nie lus om die vakansie saam met sy ma by haar tannie Mary te kuier nie – al bly sy in ’n ou kasteel. Maar kort voor lank is hy reg in die middel van ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime.

 

 

 

 

101 Nagmerries
Jaco Jacobs
Illustrasies: Imile Wepener
ISBN: 9780799393835

Jaco Jacobs ontvang ’n brief van ’n aanhanger wat hom uitnooi om verniet sy hut in die woud as skryfplek te gebruik. Dit klink ideaal! Maar daar is ’n vangplek … Die aanhanger is die Vreesvreter: ’n vreesaanjaende monster wat vir die arme Jaco Jacobs dwing om grilstories te skryf om kinders bang te maak. En so begin Jaco skryf: 101 nagmerriestories – die een grilleriger as die ander!

 

 
Ouderdom 13+

Die 17de veer
Nanette van Rooyen
ISBN: 9780799389418

Lara werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon, en wonder soms oor die pa wat sy nooit gehad het nie. Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’n vreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie, maar haar en Alex se stories is op die punt om vir ewig verstrengel te word. En alles begin met ’n boks vol briewe wat sy in ’n hoededoos op haar ma se kas ontdek.

 

 

Die 6 weke van Thomas & Ella
Zelda Bezuidenhout

ISBN: 9780799395846

Dit voel asof Thomas se lippe uiteindelik hul regte doel ontdek het … om Ella s’n te soen. Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in ’n wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander …

 

 

 

All I know
Marita van der Vyver
ISBN: 9780799395761

A truly South African story about a struggling father-and-son relationship and the healing power of words. Van der Vyver writes convincingly about the world of performance poetry and Gabriel’s desperate attempts to make sense of life’s challenges after the death of his mom.

 

 

 

King Shaka: Zulu Legend
Luke Molver
ISBN: 9781946498939

It is a time of triumph – and looming danger. From the award-winning Luke Molver comes a new graphic novel that will continue to make South African history fun and interesting. The defeat of the slave-trading clans, as seen in Shaka Rising, was a good thing for the Zulu kingdom, but a dangerous new tide of colonisation was rising as foreign fortune hunters arrived from across the sea. Even within King Shaka’s own lands, treachery loomed, threatening the balance of power. King Shaka is the second graphic novel featuring one of our biggest African heroes. We walk with him as he faces new challenges in a changing world, while he strives to shield his people from danger.

 

Ouderdom 15+

Die A, B, C van Suid-Afrikaanse baanbrekervroue
Ambre Nicolson
ISBN: 9780799396980

Met elke letter van die alfabet vereer hierdie boek die bydrae van vroue tot Suid-Afrika se verlede, hede en toekoms. Met behulp van kort, maklik leesbare biografieë en illustrasies, wat so helder en vol vernuf is soos die vroue wat dit uitbeeld, deel hierdie boek die lewensverhale van 26 Suid-Afrikaanse rebelle, kunstenaars, moeilikheidmakers, atlete, dansende divas en vryheidsvegters.

 

Die Perfekte brander
Adinda Vermaak & Marieta Nel
ISBN: 9780799383805

Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees. Bekende skrywers soos Christine Barkhuizen le Roux, Christo Davids, Carina Diedericks-Hugo, Nelia Engelbrecht, Jaco Fouché, HemelBesem, Jaco Jacobs, Eldridge Jason, Anzil Kulsen, Christien Neser, Nathan Trantraal, Jan van Tonder, Jan Vermeulen, Elizabeth Wasserman en Fanie Viljoen span saam met ’n klompie opwindende nuwe stemme in hierdie fantastiese nuwe bloemlesing wat op ouer tieners gemik is.

 

This Thing Called the Future
JL Powers
ISBN: 9781946395313

This Thing Called the Future is a multiple-award-winning young-adult novel from JL Powers. The book is set in Imbali, the sprawling township outside Pietermaritzburg. Khosi is fourteen years old. She lives with her grandmother and her little sister Zi. Both her parents tell her of the past, about a time when hundreds of Imbali residents were killed in political violence. Khosi wants a future; she wants to help make South Africa a better place.

 

 

Under Water
JL Powers
ISBN: 9781946395320

When her beloved grandmother dies, 17-year-old Khosi must learn to survive on her own. She has to take care of her little sister Zi while making a living as a traditional healer, and somehow try to finish school. Violence flares up again in Imbali, the township near Pietermartitzburg. Khosi finds herself at the centre of the storm.

 

 

Ouderdom 17+

 

Oopmond
Jan Vermeulen
ISBN: 9780799389319

Madelaine Taaibosch vermoed die skenkerhart wat in haar bors klop, is ’n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Die speurtog na die waarheid oor haar skenker, laat haar stadigaan besef dat party harte mekaar selfs oor eeue heen kan vind. Hierdie heerlike boeke speel met tydreise en ander surrealistiese elemente.

 

 

Halley se komeet
Hannes Barnard
ISBN: 9780799395464

Die roman speel af in 1986. Pete de Lange is ’n sestienjarige Afrikaanse seun vanaf Dannhauser, ’n klein dorpie in Natal. Pete wil rugby speel en hy wil met meisies vry. Noudat hy in standerd agt is, dink hy die eerste span het plek vir hom, die seniors se bus het hokkiemeisies vir hom en die lewe is mooi. Dan gebeur ’n insident wat sy lewe vir altyd sal verander. Vir ’n aantal angswekkende minute dink hy selfs dat hy gaan sterf voor hy ooit met ’n meisie sal kan vry. Om te lééf is egter soms moeiliker as om te sterf. Veral as jy onder die vinger van PW Botha staan en jy bevind jouself in ’n diep gemors saam met ’n swart seun en ’n Indiërmeisie. Gaan 1986 van Pete ’n man maak? Of gaan dié jaar ’n klein rimpeling wees wat sal verbygaan as ’n mens nie mooi kyk nie – soos Halley se komeet gemaak het?Die roman speel af in 1986. Pete de Lange is ’n sestienjarige Afrikaanse seun vanaf Dannhauser, ’n klein dorpie in Natal. Pete wil rugby speel en hy wil met meisies vry. Noudat hy in standerd agt is, dink hy die eerste span het plek vir hom, die seniors se bus het hokkiemeisies vir hom en die lewe is mooi. Dan gebeur ’n insident wat sy lewe vir altyd sal verander. Vir ’n aantal angswekkende minute dink hy selfs dat hy gaan sterf voor hy ooit met ’n meisie sal kan vry. Om te lééf is egter soms moeiliker as om te sterf. Veral as jy onder die vinger van PW Botha staan en jy bevind jouself in ’n diep gemors saam met ’n swart seun en ’n Indiërmeisie. Gaan 1986 van Pete ’n man maak? Of gaan dié jaar ’n klein rimpeling wees wat sal verbygaan as ’n mens nie mooi kyk nie – soos Halley se komeet gemaak het? 

 

Corporation games
Anneleigh Jacobsen
ISBN: 9780799398458

Georgie leads a highly skilled team of eager brand managers. They get the figures, understand the consumer and know when to give the weary buyers slack. Why then does the MD of Nielsen throw his toys? More than 500 km away, in rural KwaZulu-Natal, Sindiwe, a smart, modern woman, learns more about the ancestral world than she has ever wished to. This fictional corporate thriller is based on a number of real-life financial scandals which have rocked South Africa. The sex, money and greed of the corporate world are pitted against the quiet resilience of rural African people. The end will leave you in awe.

 

Bitter Pill
Peter Church
ISBN: 9781946395207

Between the USA and SA lies the deep Web. Inside the heaving party hub that is Cape Town’s student playground, someone is preying on the young and unwary. As allegations of drink spiking and illicit sex hit the local papers, university authorities move quickly to limit the damage... A world away in Seattle, Carlos De Palma, the shadowy operator behind Dark Video, is plotting his survival strategy in the ever-changing Internet landscape. With his precious clients clamouring for heightened thrills, Carlos begins tapping into a new service that blur the boundaries between the real and virtual worlds... Enter Robbie Cullen, nice guy and average student, dumped by his girlfriend and struggling with grades. But when it comes to the crunch, Robbie doesn’t know the meaning of stepping back. Once he encounters the beautiful and mysterious Fallon, his small-town bravado is set to make him some powerful enemies. Bitter Pill is a gripping thriller that sweeps through the intoxicating haunts of Cape Town’s nightlife and lingers on the sugary sand of Plettenberg Bay—before exploding on the streets of the Mother City’s exclusive southern suburbs.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top